Jean Bouvier – Dagloper Hoofstuk 7

Hoofstuk 7

Bordeaux beleef een van die eerste warm Franse somers dae. Aimée Bertrand sit op ‘n bankie in die park Jardin Public en bewonder die kleurvolle plante en lower groen bome.  As Aimée stilte nodig het om haar haar gedagtes te orden kom sit sy altyd op dieselfde bankie, op ‘n effense bultjie in die park. Die bankie is in ‘n afgeleë deel van die park waar min toeriste rond dwaal. Jardin Public wat in die agtiende eeu ontwikkel is, is deur die ejare uitgebrei tot ‘n lushof van agtiende eeuse argitektuur, beelde en botaniese tuine. Die park is vandag een van die gewildste parke in Bordeaux en letterlik honderde inwonders en toeriste besoek die park en omgewing daagliks.

Haar gedagtes is ver en sy kan voel hoe die gloed van die Franse somer haar gesig prikkel. Aimée is geklee in ‘n swart deminbroek met ligte bloes wat los om haar middel hang. Haar raaf swart hare omhels ‘n skraal gesig wat sag gegrimeer is. Haar hare hang net bokant haar skouers met ‘n lang kuif wat windskeef oor haar gesig hang. Haar swart oë en ligte gelaat maak haar asemrowend mooi.  Haar rooi geverfde toonnaels komplimenteer haar lang bene en slanke voete. Sy sit en speel met haar sandaal in haar voet terwyl sy na die mense wat in die park wandel kyk.

Aimée is die enigste dogter van Jaques Bertrand, ‘n welgestelde advokaat in Bordeaux. Haar moeder het haar vader verlaat toe sy 5 jaar oud was. As sy saans alleen op die stoep van hulle Villa sit voel sy soms haar moeder kyk vir haar vanuit die tuin. Dis asof sy aanvoel haar moeder is nog steeds in Bordeaux. Sy het al met haar vader daaroor gepraat maar soos al die vorige kere is gesprekke rondom haar moeder net weggepraat. Haar tante Gabriël het wel eenmaal die opmerking gemaak dat dogters van Vampiere hoogs ontwikkelde sintuie het en dat Aimée versigtig moet wees, mense sal dalk dink sy is een. Daars baie mites oor Vampiere in Bordeaux, al maak die inwoners die stories as mites af is daar tog ‘n senuagtigheid onder hulle as iemand net die woord “Vampire” gebruik. Saam het hulle daaroor gelag en is haar gevoel weggepraat.

Haar 21ste verjaarsdag is om die draai en dit wil voorkom of haar haar vader en tante probeer om haar te oortuig dat haar tante haar op ‘n lang vakansie weg neem. Sy kan nie verstaan wat so belangrik is aan haar 21ste verjaarsdag nie en hoekom sy nie tuis kan bly nie. Sy wil in haar moeder se huis verjaar, sy wil hier waar sy veilig voel mondig word. Dis tog haar dag en sy weet as sy mondig word, word die Villa de Marqeaux hare. ‘n Geskenk van haar moeder. Dalk sal haar moeder terugkom of haar ten minste net bel, sy kan mos nie weg wees nie, nie as sy dink haar moeder is nog hier nie.

“Wat sit jy so ver en dink liefie” hoor sy haar tante se stem toe dié langs haar op die bankie kom sit. Tante Gabriël weet van Aimée se geliefde bankie en het haar daar kom soek.

Tante Gabriël het haar grootgemaak, en is soos ‘n moeder vir haar. Sy is ‘n oujongnooi wat nooit getroud is nie. “Die regte man is getroud met iemand anders” was altyd haar verskoning.  Gabriël Bertrand is kort in haar vyftigs en is ‘n besondere aantreklike vrou. Dis vreemd dat sy nooit getrou het nie, nie dat sy nie gereeld deur mans uitgeneem word nie, wat dit nog meer vreemd maak.

“Ek dink sommer aan my verjaarsdag tante”

“Ek het vir ons ‘n vakansie bespreek op een van die Griekse eilande Aimée, ons vertrek twee dae voor jou verjaarsdag en sal ‘n maand daar spandeer”

“Hoekom tannie, hoekom moet ek weg uit Bordeaux as ek verjaar, ek verstaan nie”

“Vertrou my net dat jy nie hier wil wees as jy 21 word nie Aimée, ek sal als verduidelik as ons in Griekeland is.”

“Verduidelik eers tante anders bly ek net hier” sê Aimée en staan op

“Aimée wag, ek sal verduidelik kom ons gaan eet vanaand uit net ek en jy”

“Dis reg met my tante, ek moet nou gaan Henri wag”

“Daai mannetjie is gans te danig met jou Aimée, jy moet passop!”

“Hy is my kêrel tante, ek is lief vir hom” kap Aimée terug en stap na haar kar toe.

Gabriël Bertrand sit nog ‘n wyle en top oor presies hoe sy vir Aimée vanaand gaan verduidelik hoekom sy nie in Bordeaux kan wees as sy verjaar nie. Jaques moes lankal met die kind oop kaarte gespeel het maar ja hy is maar ‘n halstarrige man. Nog meer so nadat Sylvi weg is.

*****

Jean stap ‘n entjie agter oom Hendrik en die res van die groep mense wat op pad is na klein Anna se huisie. Hy stop vir ‘n oomblik, steek ‘n sigaret aan en stap tot langs die huis. Dis ‘n koel oggend teen die hang van die berg en Jean sien hoe winter wolke om die berg begin saampak. As dit kom reën gaan hulle sukkel om die Nagwolf se spore te volg. Jean weet die Nagwolf is nie meer waar die mense na hom gaan soek nie, die son is op en die Wolf is weer ‘n mens.  Jean het ‘n sterk vermoede die Nagwolf is iemand wat die gemeenskap ken.  As dit ‘n rondloper was, het hy lankal ander weivelde gaan soek. Die Nagwolf kan selfs ‘n vrou wees en nie ‘n man wolf soos alom in mites vertel word nie.

Ansie wag vir hom buite en vat sy hand en trek hom die huis binne. Klein Anna sit in haar klein sitkamertjie saam met familie lede wat haar vertroostend vashou. Klein Anna is ‘n enkel ouer wat op oom Hendrik se plaas werk.

“Wat het gebeur Anna?” vra oom Hendrik toe hy langs klein Anna op die bank gaan sit.

“Ek weet nie sieur, ek het geslaap toe Santjie begin gil. Ek het dadelik na haar kamer gestorm toe ek sien daar staan  ‘n groot hond, wat soos daai honde van sieur Benade  lyk,  met Santjie in sy arms. Toe ek begin gil spring hy met Santjie by die venster uit. Sieur die ding loop op twee pote, hy staan so regop soos ‘n man” antwoord klein Anna oom Hendrik en begin weer hartverskeurend huil.

Dan is dit regtig ‘n Nagwolf en het Andries nie oordryf toe hy sê die Nagwolf het al kinders gesteel nie. Dis snaaks dat die Nagwolf volgens Andries net kinders steel. Jean wonder of die Nagwolf al volwasse mense aangeval het.

“Jan, dis dieselfde wat met Gertie se kind gebeur het 8 jaar terug, is dit nie?” vra oom Hendrik en kyk na oom Jan wat teen die deur van die sitkamer leun.

“Ja Hendrik maar soos ek daardie tyd al gesê het, die kinders het seker weggeloop. Hoekom sal  die Wolf soos almal hom noem net kinders vat. Ons verloor skape, bokke en selfs hier en daar ‘n bees, hoekom kinders?  Het hy al ‘n grootmens aangeval?”

“Ek het hom gesien sieur Jan, Gertie het nie gesien haar kind is gevat nie” kom dit huilend van klein Anna

“Ja sieur Jan, Ampie se broer is deur die Wolf gebyt toe hy van die kroeg af huistoe geloop het. Dieselfde tyd toe Gertie se kind weg is” antwoord Andries

“Ja Jan, ek het ook gehoor van volwassenes wat op Franshoek aangeval is” kom dit van Wouter Benade toe hy en sy seun Andre die huisie instap.” Môre Hendrik, môre almal”

“Twak man, hy is deur een van die honde in die buurt gebyt, hy was so dronk soos ‘n spook” antwoord oom Jan vinnig; “Wat maak jy en Andre hier Wouter?”

“Ai sieur” is al wat Andries uitkry.

“Ek het gedink ek en Andre kan kom help Jan, is daar iets mee fout” vra Oom Wouter en stap by oom Jan verby en groet oom Hendrik met die hand.

Wouter Benade is Jan Nienaber se swaer, die gemeenskap weet dat alhoewel Wouter met Jan se suster getroud is, het die twee nie regtig ooghare vir mekaar nie.

“As ons wou gehad het jy moet kom help met ons volk sou ons jou gevra het” kom dit snedig van oom  Jan

“Wag nou Jan, was hy al een Andries?” vra oom Hendrik vinnig voor Jan Nienaber nog iets kan inkry.

“Die sieurs gaan ons nie glo nie, almal hier in die vallei dink ons  praat mos kak” kom dit half geirreteerd van Andries

“Andries moet my nou nie staan en moerig maak nie, ek het jou ‘n vraag gevra”

“Sorry Sieur, ja oor die jare is daar baie van onse mense wat al deur die Wolf aangeval is. Klein Anna se kleintjie is die eerste een wat gesteel word na Gertie se kind maar my eie kinders is al verjaag en daar in Franshoek het hy ok al van onse mense gevang. Hy bly net weg van julle wittes af”

“Ek wil met jou praat oor die goed wat julle weet Andries, maar kom ons gaan soek ‘n spoor of ‘n ding dat ons klein Anna se kind kan kry”

“Gaan ons nie wag vir die polisie nie Hendrik?” vra oom Wouter

“Hulle was al hier sieur, hulle kan nie help soek nie, hulle het ander werk” antwoord Andries

“Nou kom ons begin” sê oom Hendrik en stap buite toe

*****

Ansie en Jean sit nog vir ‘n oomblik op een van die stoele in klein Anna se sitkamer toe Jean haar vra of hy Santjie se kamer kan sien. Hulle al drie stap na die kamer en klein Anna steek in die gang vas en wys vir Jean waar Santjie se kamer is. Die kamer lyk of ‘n tornado hom getref het. Als lê rond, glasstukke lê voor die stukkende venster waardeur die Wolf met Santjie is.  Jean stap nader en sien ‘n paar bloed spatsels op die vensterbank buite. Dis of Santjie se bloed of die Nagwolf het homself met die venster gesny.  Jean hoop heimlik dat dit die Wolf sin is want dan sal die persoon dalk steke moes kry.

“Wat maak julle nog daar binne Jean, kom help soek” roep oom Hendrik

“Ek kom oom, gaan julle solank ek sal opvang. Ansie gaan saam met jou Pa ek kry julle nou nou teen die voet van die berg.” Kom dit van Jean

“Ek bly hier by jou” is al wat Ansie sê

Damit, nes ek gedink het, dink Jean en probeer so ongerg moontlik na die bloed teen die vensterbank kyk. Hy wil so graag daaraan proe maar hoe gaan dit net nie lyk nie. Hy buk by die venster uit en sien die mans tussen die bosse instap tot aan die voet van die berg. Hy druk sy hand buite op die vensterbank en maak seker sy vingers vang  van die bloed op.

“Kom Ansie stap voor, kom ons gaan help jou Pa hulle”

Jean wag vir ‘n oomblik dat Ansie uit die kamer stap toe hy sy vingers na sy neus bring en aan die bloed ruik. Stadig bring hy die halfdroë bloed na sy tong toe en proe daaraan. Hy draai stadig om en kyk weer na die kamer agter hom.

***

Jean voel hoe Ansie haar hand in syne sit en dit styf vashou. Ver voor hulle hoor hulle stemme en word bevele heen en weer uitgeroep om soveel as moontlik van die bos agter die woonbuurt fyn te kam. ‘n Benoude gevoel oorweldig Jean waar hy langs Ansie in die rigting van die berg stap.

Jean loop en dink; “Santjie leef nie meer nie, die bloed is daarvan ‘n getuienis, die Nagwolf is nie meer in die berg nie, hy verander in ‘n mens na sonop, hulle soek verniet, die Nagwolf soek heelwaarskynlik saam”

Jean gaan skielik staan en ruk Ansie amper van haar voete af toe sy aanhou loop. Hy buk vir ‘n oomblik af en kyk na die gras langs ‘n voetpaadjie wat skuins om die berg loop en nie in die rigting van die bosse nie.

“Waarna kyk jy Jean” vra Ansie

“Hier is bloed in die gras Ansie, kyk hier en weer hier”

“Hoe de duiwel het jy dit raakgesien?” vra Ansie ek kyk na die klein bloedspatseltjies wat Jean vir haar utwys

“Ek was seker maar net gelukkig” kom sy antwoord vinnig. Hy kan tog nie vir Ansie sê hy het dit geruik nie.

“Ons moet gou maak Jean, kyk die paadjie loop ‘n draai aan die kant van die berg op na die kranse toe, my Pa hulle soek verkeerde plek”

“Gaan roep hulle ek stap solank verder” sê Jean en begin drafstap in die rigting van die kranse al met die voetpaadjie langs.

“Wees versigtig Jean” roep Ansie oor haar skouer terwyl sy vinnig in die rigting van haar Pa hulle stap.

Jean drafstap in die rigting van die kranse op die reuk van die bloed spatsels wat nou meer sigbaar word. Aan die voet van die krans gaan staan hy en kyk op na ‘n kronkelende paadjie wat duidelik teen die kant van die krans op loop. Die paadjie is styl en effens toegegroei. Dis duidelik dat min mense dit gebruik.

Jean stop vir ‘n oomblik en sien ‘n kleinerige plas bloed op die grond lê. Dit smaak soos die bloed op die vensterbank.

Verbeel hy hom of hoor hy ‘n sagte gehuil teen die krans op. Jean begin vinnig deur die plantegroei stoei wat die voetpad versper. Daars bloed oral en Jean hoop dat die bloed nie afkomstig is van die Santjie jie, dis verseker sy wat saggies snik.

Halfpad teen die krans op kom Jean op ‘n oopte in die pad af. Dis direk langs die krans en Jean kan sien dat hier gereeld iemand aandoen. Daars stukkende klere, half ge-ete stukke vleis en krapmerke oral op die rotse wat die een kant van die oopte van die krans skei. ‘n Stukkende kombers maak dit nog meer vreemd.  Jean sien Santjie onder die kombers toegerol lê, haar hande en voete is vasgemaak en hier en daar is haar liggaam vol krapmerke.

Jean tel Santjie vinnig op en storm teen die paadjie af. Hy moet seker maak niemand weet van die nes nie. Hy moet seker maak dat die Wolf se wegkruipplek geheim bly.

Hy sal die Wolf kom soek, dalk met volgende volmaan, hulle moet mekaar in die oë kyk.

***

 “Jean waars jy?” hoor hy Ansie roep

“Hier onder die krans tussen die bome” antwoord Jean en stap terug in die paadjie met Santjie in sy arm om Ansie en die soekgeselskap te ontmoet

“Leef sy Jean” roep Ansie verlig uit

“Waar kry jy haar?” vra oom Hendrik

“Sy is OK, ek het haar hier onder die krans gekry, sy het net groot geskrik” antwoord Jean

“Sien julle ek het gesê die kind het net weggeloop” sê Jan Nienaber

“Ja, Jan Nienaber”; dink Jean. “Wat steek jy weg?”

Word vervolg …………….

Dis nou toevallig …..

Ek het verskeie blogs geskryf oor toeval en dat my persoonlike standpunt is dat niks in die lewe toevallig is nie. Die oorsprong van die heel eerste blog op LitNet is al holrug gery en was die uiteinde van Blote toeval dat ek en El die aanbod wat Maatskppy 1 aan ons gemaak het sou aanvaar.

Met die nuwe loopbaan op die horison en die planne vir die Plasie, oh wat terloops herdoop is weens die uitspraak van Anfäge as An-fa-ge, totaal on-Duits, bietjie op die ys, het ons planne gemaak om liewer stadiger, as een van die dae aan plasie te werk, en my nuwe loopbaan met alle erns te aan te pak.

El was vanaf die eerste dag dat ek in my huidige beroeps rigting begin het deel van my praktyk hetsy of dit net ons was of in bestuur was, sy was altyd aan my sy. As ‘n instelling my nader om, soos wat die geval was met my trek PE toe, om ‘n nuwe divisie te begin, dan gaan die onderhandelinge altyd gepaard met; “Onthou my vrou is my uitvoerende assistant, kantoor bestuurder ens. ens. Dit sou ook nie anders gewees met die nuwe pos nie.

El verdien om haar skeppende talent uit te leef en dinge te doen wat nog altyd vir haar ‘n hunkering was. Dit gaan verseker nie gepaard met kantoor werk nie. Dat sy my nuwe assistant sou wees in my nuwe pos, was soos ooreengekom, net tydelik tot sy iemand anders opgelei het, maar ek ken haar sy sou aangebly het en sy is dam goed.

Verlede Donderdag, die 12de, kry ek die finale oproep vir ‘n afspraak ‘n week later om die die laaste “fine-tuning” te doen. Ons eindig ons dae op die stoep met ‘n wyntjie terwyl ons met “Watch dog” en “Lover Girl” speel en met ‘n wyntjie in die hand, word die plasie amptelik op die ys geplaas vir ten minste 2 jaar. Beide van ons is teleurgesteld maar besef ons droom kan nog bewaarheid word. Dis net te ver van PE na Groot Brak om selfs net naweke te “boer”.

Ek het vertel van Maatkappy 2 wat ook agter my bloed aan is maar hulle planne vir my is nog ver van klaar af en Maatskappy 1 se aanbod is goed. Vrydag die 13de, ja die ongelowige 13, lui my foon net na 10 en Maatskappy 2 se onderhandelaar is op die lyn.

“M, daar het iets verskrikliks gebeur in ons Knysna kantoor, wanneer kan jy begin, die aanbod is so en so en so”

OH donner sê ek vir El die oomblik toe ons na 45 minute die foon neer sit. “Wat nou?” vra sy laggend. Ons kantore is reg oor mekaar en kan ons woord vir woord hoor as die een op die telefoon is en die huis is stil.

Om ‘n lang storie kort te maak is Maatskappy 1 nou weg en 2 die antwoord. Ek begin die 1ste Mei in Knysna, ‘n katspoegie vanaf Groot Brak, El trek middel Junie en gaan ons in plaas Nig se dorpshuis bly vir die onmiddelike. Die plasie is nou sommer al vroeg volgende jaar en kan ons begin bou aan ons kaja so gou moontlik.

Sjoe dit was darem maar toevallig dat daar nou oornag ‘n pos beskikbaar is in Knysna, een wat my talente nodig het. In die spesifieke veld is kennis belangrik maar insig en “ ’n gevoel” beter. ‘n Mens het in die spesifieke veld ‘n aanvoeling vir die tipe besigheid of jy het nie, daar is net nie ‘n midde weg nie.

Wat dit nog meer “toevallig” maak is dat ek die assistant wat daar is moet oorneem, nie ‘n “moet” nie, maar ek sal dom wees as ek haar ondervinding in ‘n plekkie soos Knysna net verloor. El gaan nou voltyds aan haar droom bou, ‘n droom wat sy al vir 23 jaar op die ys het.

Na my besoek aan Knysna die opvolgende Maandag en die “fine-tuning” vergadering laas Vrydag is dit nog net die kontrak wat ‘n spanner in die works kan gooi, anders is die Tuin Roete eersgdaags ons nuwe tuiste.

Die toevaaligheid is saans op knieë bespreek en dankbaar heid is gegee waar dit toekom.

Sela.

Blote toeval ….

Ek het ‘n ruk gelede ‘n blog op LitNet geskryf met die tema “Was dit blote toeval?”

Die blog het gegaan oor ‘n telefoon oproep wat ek gekry het van ‘n dame wat ‘n ander “M” wou bel en my knoppie verkeerdelik gedruk het. Die dame was in my visier om aan te stel in die maatskappy waar ek huidig werk. Sy het my aanbod van die hand gewys en met ons laaste koppie tee die opmerking gemaak; “M there is a reason why we met, we don’t know it yet but all will be revealed in time”

Ons het sommer oor ditjies en datjies gesels en was dit vir haar ‘n verrassing dat ek binne my huidige maatskappy van pos verander het. Die gesprek het ontwikkel tot ‘n voorstel vir ‘n verandering in my loopbaan. My vraag was of die oproep wat ek ontvang het blote toeval was.

Die wêreld is klein en het ek via, via by ‘n spesifieke maatskappy uitgekom wat naarstigtelik na iemand met my “looks” soek 😉 Die pos is al drie jaar oop en het hulle tot op datum nie iemand gekry wat so sexy soos ek is nie.

Hulle aanbod op my tafel is seker ook blote toeval soos die oproep.

Volgende week sien ek die opperste en dan gaan ons die finale fine tuning doen. As als uitwerk gaan ek die aanbod aanvaar, dis ook seker blote toeval. Die aanbod is beter as my huidige pos, ook seker blote toeval.

Daar is niks in die lewe soos “Blote Toeval” nie.

My lewe is en word vooraf beplan.

B

Anfänge

Om ‘n naam vir ons nuwe avontuur en plasie te kry was in El se hande. Die naam moes inpas by die omgewing en name soos “Skuilkrans”, en “Put-sonder-water” en “Genadesloot” sou net nie pas nie.

Ek is gelukkig ‘n sucker vir Geskiedenis en moes net uitvind waar kom Friemersheim, die dorpie naas ons nuwe plasie, vandaan. Die geskeidenis is kort en ek wens ek kon meer weet, veral van die Duitse evangelis. Hier is ‘n kort geskiedenis van die dorpie en ‘n paar fotos op www.southerncape.co.za

Friemersheim, a small agricultural community about 15 kms from Groot-Brakrivier, was founded by a German missionary early in the nineteenth century. The Dutch Reformed Church owned Friemersheim, who sold the land to the state in the 1960’s. It is a settlement more than a town, and the only building of any interest is the church.

In 1999 the subsistence farmers organised the Friemersheim Kleinboervereniging (FKV) and bought a 100 hectare farm near their village under the auspices of the Land Reform Program. It was divided into 2-hectare plots which were shared out and where the members of the FKV after several initial setbacks now grow potatoes, carrots, cabbage and beetroot for the local market. They also keep sheep and cattle on a small scale.

The Western Cape Government installed an irrigation scheme which provides the crops with much-needed water and which will also eventually create jobs for at least 30 people in Friemersheim and surroundings.

Toe ek 5 jaar terug ‘n naam moes kry vir my maatskappy, waarin ek kontrak werk vir ‘n maatskappy in PE moes doen, het El  met die naam TeBazile opgekom. As jy Tebazile agterstevoor lees is dit Elizabet(h) soos in Port Elizabeth. Die deel “Bazile” word in die naam met ‘n hoofletter gespel want Bazile beteken in Xhosa, “They have Arrived”.

Die nuwe avontuur en aldus die nuwe naam vir ons plasie sal wees Anfänge. In Duits beteken Anfänge (new) “Beginnings”. Friemersheim het ‘n Duitse naam, soos ‘n plekkie in Duitsland wat ook Friemersheim heet in Duisburg, Duitsland.

Ons nuwe plasie se naam is dus “Anfänge”, gepas tot die familie se avontuur naby ‘n Duitse sending stasie.

 

Die foto is oor van die kleinboere se plasies geneem. Die kort groen bosse is deel van “Varswater” ‘n stukkie van Plaas Neef se plaas.

‘n Tipiese huisie in Friemersheim

 

Die ou sending kerkie

Die boom in die middel van die pad, is in die pad oppad na Varswater waar van die kleinboere tans hulle beeste laat loop. Plaas Neef gee hulle die weiding verniet aangesien daar geen diere van sy eie op die grond loop nie.

Die fotos is geneem deur Robert I. Sadler in 2004.

Anfänge… hier kom ons!

B

Jean Bouvier – Dagloper Hoofstuk 6

Hoofstuk 6

Ansie lê lank wakker en verlang iewe skielik baie na Anton. Anton was nie net haar held, haar vriend, haar ouboet en mentor nie, hy was haar beste vriend. Hy sou haar kon help met die vrae wat sy het oor die Wolf. Sy raak rusteloos aan die slaap. Met Anton, die Wolf en Jean in haar gedagtes word haar nagrus versteur deur onsamehangende drome. Sy skrik meer as gereeld wakker en kan elke droom in detail onthou. Sy droom van Anton, die Wolf en van ‘n onbekende persoon wie se gesig sy nie kan eien nie. Die man is lenig gebou met sterk gelaatstrekke, wat in elke droom êrens tevoorskyn kom. Sy gesig is bleek, sy oë wild en hy kyk haar stip aan asof hy vir haar iets wil sê.

Ansie word uit nog ‘n droom geruk deur ‘n angwekkende gil.  Sy skakel vinnig haar bedliggie aan en staar na ‘n leë slaapkamer. Dit het kompleet geklink of die gil reg hier in haar kamer was. Hier is niemand by haar in die kamer nie besef sy gou. Die nagluggie wat deur die oop venster waai laat haar ril, sy staan op en gril as daardie iets teen haar ruggraat afhardloop. Ansie staar oor die tuin onder haar kamervenster uit en sien iets of iemand net buite die naglig in die donker beweeg, of verbeel sy haar. Nee dis twee ietse, dit lyk kompleet of die groter iets, iets dra. Die skaduwees in die helder maanverligte tuin speel woer-woer met haar sig.

“Kom by Ansie du Preez” snou sy haarself  toe en maak die kamer venster toe. Sy kan net sowel opstaan, dis net na 5 en sy het in werklikheid nie regtig veel slaap ingekry nie.

*****

“Wat maak jy in die kombuis Jean?” vra Ansie toe sy Jean by die kombuis tafel sien sit en koffie drink

“My koffie in die woonstel is op en ek kry nie geslaap nie, het ek jou wakker gemaak?”

“Nee ek kon ook nie slaap nie, ek het die weirdste drome gehad laas nag”

“Vertel, terwyl ek vir jou koffie maak”

Ansie gaan sit by die kombuis tafel en staar vir ‘n oomblik voor haar uit sonder om ‘n woord te sê. Haar gedagtes is vanoggend so deurmekaar, sy voel selfs ‘n bietjie bewerig. “Ek het gedroom van die Wolf, van Anton, jy weet Jean ek het geweet dis Anton in my drome maar hoekom kon ek nie sy gesig sien nie, dis asof sy gesig verdwyn elke keer as ek in my droom myself dwing om na sy gesig te kyk? Ek het gedroom van ‘n man, ‘n lang man met sterk maer gelaatstrekke maar blekerig met sulke deurdringende swart oë, sy oë was net so swart soos joune, jy het snaakse kleur oë Jean weet jy dit?”

“Ja ek weet, dit het maar seker iets te doen met my voorvaders” lag Jean en sit Ansie se koffie voor haar neer.

“Ek het nog nooit in enige kleur kaart sulke swart oë soos joune gesien nie, dis vreemd. In elke geval die man het in elke droom na my staan en kyk asof hy vir my iets wil sê. Dit was snaaks, is dit nie weird nie? Hoe kom die man in elke droom?”

Jean sit vir ‘n oomblik en staar na sy koppie koffie. Die lang maer donker man met oë soos syne kan net Marque Lefevre wees, sy Pa. Hoe is dit moontlik dat Ansie van sy Pa droom, sy het hom tog nooit voorheen gesien nie. Mens kan net droom van wat jou onderbewussyn al ondervind en gesien het. Fantasië kan in drome verander maar sy Pa, waar kom sy aan sy Pa.

“Ek weet nie Ans, mens droom mos soms die snaakste goed” antwoord Jean haar stadig en vat ‘n slukkie van sy koffie. Die Nagwolf was gisteraand hier op die werf, hy kon hom aanvoel, maar hoe vertel hy dit vir Ansie. Hoe vertel hy haar die lang donker man kan sy Pa wees.

“Het jy ook die gil gehoor so uur terug?”

“Wat se gil Ansie, ek het niks gehoor nie?” sê tannie Bella toe sy die kombuis instap. “Moet nie vir my sê julle twee het nooit gaan slaap gisteraand nie, en magtig Ansie gaan trek vir jou ‘n kamerjas aan”

Ansie skrik so half toe sy besef sy het nooit haar kamerjas aangetrek toe sy afgekom het kombuis toe nie, sy het nie verwag om Jean hier te kry nie. Die nagklere wat sy aan het lyk kompleet soos ‘n sweetpak maar tog het dit gekleurde blomme op, en die grys sweetpak agtige materiaal klou styf teen haar lyf, dit lyk verseker soos slaapklere.

“Oh gits sorry Ma, sorry Jean” sê Ansie en spring op en hardloop kamer toe.

“Wat maak jy so vroeg in die kombuis Jean” vra tannie Bella en vat sy koppie; “Nog koffie?”

“Ja dankie tannie, die koffie in my woonstel was klaar en ek kon nie regtig slaap nie, te veel goed op my brein” antwoord Jean en haal die melk vir tannie Bella uit die yskas uit

“Julle is vroeg doenig vandag” kom dit van oom Hendrik toe hy die kombuis instap

“Die kinders was nog voor ons op Hendrik, hulle het glo sleg geslaap” lag tannie Bella en gee vir Jean en oom Hendrik elkeen ‘n beker koffie.

Die telefoon begin skril lui met die wat Ansie die kombuis instap. Die keer het sy haar hare vasgemaak en het ‘n regte sweetpak aan, nie een wat soos slaapklere lyk nie. ”Môre du Preez se woning” antwoord sy die telefoon.

“Môre nooi, is sieur Hendrik daar naby” kom dit van Andries oor die foon

“Môre Andries ek roep hom gou”

“Môre Andries, iets fout” groet oom Hendrik en luister aandagtig na wat Andries te sê het; “Ons eet net gou Andries dan kom ek en Jean daar na julle toe.”

“Wats fout Hendrik” vra tannie Bella bekommerd.

“Andries sê klein Anna se kind het gisteraand weggeraak, dit maak nie sin nie,  hy sê die wolf ding het die kind net so na 4 gesteel”

“Dis die gil wat ek gehoor het” kom dit stotterend van Ansie

“Bog man Ansie, jy kan nooit ‘n gil so ver hoor nie, Bella kom ons maak ontbyt ek en Jean gaan help soek”

Ansie vang Jean se oog en sy kan die vraagteken op sy gesig sien. Sy dink sy kan Jean vertrou en vir eens en vir altyd die geheim wat sy vir so lank al in haar hart saam dra met hom deel.

Ontbyt word in stilte ge-eet en elkeen is besig met sy eie gedagtes. Jean en Ansie maak gereeld oog kontak. Ansie trek sulke snaakse oë as Jean vir haar kyk en probeer aan hom iets verduidelik. Dis eintlik snaaks om haar te sien gesigte trek en hier en daar moet hy sy giggel beheer, netnou sien die ou mense hulle gesig gesprek. Dit gaan vrek moeilik wees om haar alleen te kry voor hy en oom Hendrik na Andries hulle toe ry.

“Kan ek saam ry na Andries hulle toe Pa?” vra Ansie.

“Dis nie ‘n plek vir ‘n vrou nie Ansie ons gaan seker die berg in”

“Jinne Pa, eks oor minder as ‘n jaar ‘n Dokter en het op ‘n plaas groot geword, wat moet ek nog doen om julle te oortuig ek kan nie breek nie” antwoord Ansie oom Hendrik. Jean sien dat oom Hendrik nie regtig iets kan terug sê om sy saak verter te staaf nie.

“Goed Ansie gaan trek aan ons wil ry”

*****

Jean sien Andries en ‘n paar van hulle plaas werkers staan kop onderstebo en gesels. Die gemeenskap is duidelik omgekrap, net waar jy kyk staan klein groepies mens en gesels. Hier en daar sit ‘n vrou en huil, ‘n somber atmosfeer hang swaar in die lug.

“Kom ons gaan hoor wat het gebeur” kom dit van oom Hendrik

“Jean ek moet jou iets vertel, kan ek jou vertrou?” sê-vra Ansie toe sy aan Jean se arm vat en hom keer om nie saam met oom Hendrik te stap nie

“Natuurlik kan jy my vertrou, wat is dit  Ansie?”

“Nie hier nie, gaan ons vanaand nog berg toe?”

“Ek weet nie, ons sal moet sien wat hier gebeur het Ansie”

“Kan ons vir my Pa hulle sê ons gaan iets drink of iets, ons moet vanaand die berg op, ek moet jou iets vertel voor ons opgaan”

“Ok, kom ons kyk wat gebeur”

‘n Bakkie stop langs hulle en Jean sien oom Jan Nienaber en Klein-Jan uitklim en in oom Hendrik se rigting stap. Jean wikkel hom uit Ansie se greep en stap self na waar oom Hendrik en Andries in diep gesprek is.

Oom Jan Nienaber is die boer op Iona, ‘n buurplaas wie se werkers ook in die gemeenskap woon. Sy plaas is in die vallei net onder die berg, naby die huise van die kleerling gemeenskap.

“Wat het gebeur Hendrik?” vra oom Jan

“Môre Jan, ek weet nie regtig of mens dit kan glo nie maar ons het weer te doen met dieselfde goed wat 12 jaar terug gebeur het”

“Jy grap” kom dit vinnig van oom Jan

“Ek is bevrees nie”

“Ek dog ons het die donnerse ding verdryf Hendrik, ek het nie lus om weer in sulke gemors betrokke te raak nie, die keer gaan die polisie die wêreld omkeer”

“Stap saam Jan, kom ons gaan hoor wat sê klein Anna”

Jean wink vir Ansie en drentel solank agter die twee boere aan. Hier maak iets geen sin nie. Die datums wat almal hier rondslinger is totaal anders as die 21 jaar wat die skoolkinders rond vertel. Die twee boere weet baie meer as wat hulle voorgee, Andries is net so betrokke soos hulle.

“Wats fout Jean?” vra Ansie toe sy by hom aansluit

“Hiers fout Ansie, die Nagwolf kom meer as gereeld in die omgewing, jou Pa en oom Jan weet meer as wat hulle sê”

“Ek weet Jean, dis hoekom ek met jou moet praat”

Ansie hardloop tot by haar Pa en vat sy hand in hare. Jean kan sien oom Hendrik is bekommerd, sy oë verklap hom toe hy na  Ansie kyk.

**************

Word vervolg …..

Hoe Glo die Wêreld

Hewige smeulende debatte ontstaan tussen Atheiste, Agnotiste en gelowiges. Dis belangrik dat ‘n mens die onderskeid moet verstaan tussen ‘n Atheis en Agnostiese denke. ‘n Atheis glo glad nie in enige vorm van opper wese of enige vorm van god nie. Agnotiste glo nie noodwendig dat die huidige geskiedenis rakende gelowe en wetenskap met mekaar versoen kan word nie maar ontken ook nie die bestaan van ‘n God in ‘n onbekende vorm nie.

As mens na die definisies kyk is die onderskeid duidelik te sien en moet ons nie die aanval op Christelike gelowe deur Atheiste of Agnostiese denkers as persoonlik beskou nie. Die persoonlike aanvalle van geen breins, dom, oningelig en onnosel is maar net ‘n skans deur Atheiste om aan gelowiges te toon dat hulle geloof nie noodwendig sin maak nie.

Persoonlik dink ek dit is ongelowig frustrerend vir Atheiste dat hulle geen impak op die geloofs siening van gelowiges maak nie. Hulle het in werklikheid geen konkrete bewyse anders as ‘n paar “gelese” mense se boeke op wie hulle kan terugval nie. Hulle enigste“wapen” tot selfbeskikking is die “domheid” van Christene.

Deur die eeue heen het die mens hom male sonder tal tot Gode gewend om aan hulle te toon hoe hulle, hulle lewe moet leef. Gode is aanbid so lank as wat die mens se geskiedenis kan onthou. Die Grieke, die Egiptenare, die Chinese, Japanese die Romeine het almal aan iets of iemand geglo wat hulle aanbid het.

Die onlangse blog van Johan waar hy Christelike geloof en die oorvertelde geskiedenis met die van Horos en Mithras vergelyk, die blog van Kelkiewyn waar na sy die Godin Inanna verwys en nog verskeie ander blogs rakende Gode en Godinne vertel almal ‘n storie van die een of ander geloof wat nie noodwendig water hou teen die tye nie. (Die Blogs is almal op LitNet HIER.)

Al wat die al Blogs nie kon doen nie was om aan te toon dat daar heelwaarskynlik ‘n tyd was toe niemand in een of ander “Deity” geglo het nie. ‘n Baie interesante web blad wat die Gelowe van die wêreld aan toon is HIER  te kry. Die datum stempel is onbelangrik.

As ‘n Christen glo ek in God en die verhaal wat vir my aanvaarbaar is. Ek persoonlik kan met geen gesag sê dat of die Moslems, die Hindos of die tradisionele ChInEse verkeerd is nie, en verkies ek om te Glo wat aan my geleer en vertel is. As dit beteken ADIT ek het geen breinselle of is totaal oningelig of kan nie lees nie, dan is dit goed so.

Ek dink nie dit is nodig vir ongeveer 85% van die wêreld bevolking om aan 2,1% Atheiste en 12% Agnotiste te verduidelik hoekom en waarom nie. Sonder om te verduidelik is ek bereid om my geloof naby aan my boesem te hou en half in my mou te lag vir die sticker “stupid”wat om my nek gehang word deur net nog ‘n eensame siel wat nie regtig enige ander redenasie as “stupid” kan gebruik om aan my te vertel dat gelowe deur die eeue nie die mensdom se redding was nie.

Die wêreld is gelowig, die wêreld glo in een of ander vorm van “God” of “Godin” maak vrede daarmee. Ek is gelukkig een van die 85% onnosel mense wat net een brein sel het waarmee ek funksioneer.

‘n Geseënde paasfees vir almal.

Sela

Jean Bouviers – Dagloper Hoofstuk 5

Hoofstuk 5

Jean sit terug en vat ‘n slukkie van sy wyn en kyk na waar Ansie oor haar glas staar die nag in. Haar blonde hare rol oor haar skouers en golf teen haar rug af. Ansie is ‘n baie aanvallige jong dame, selfs met ‘n  denim broek en loshangende trui aan, lyk sy asof sy uit ‘n mode boek gestap het. Ansie laat koppe draai en dis moeilik om te dink dat sy ‘n dokter wou word. As hy aan ‘n dokter dink, dink hy eerder aan ‘n nerd tipe meisie, nie ‘n skoonheid soos Ansie nie. Sy het verseker sy oog gevang en dit maak hom ongemaklik, baie ongemaklik.

“Vertel my meer oor jou ondervindiong met die Wolf Ans”

“Al wat ek jou nog nie vertel het nie is die kere wat ek hom in die tuin gesien het”

“Vertel”

“Ek kan nie regtig onthou hoeveel keer en wanneer ek die Wolf die eerste keer gesien het nie maar dit het begin toe Anton nog geleef het. Ek het hom een aand gevang waar hy op die stoep staan en na iets langs die kelder gekyk het. Toe ek langs hom kom staan het hy amper vies aan gekyk en het ek ‘n skaduwee langs die kelder sien verby beweeg. Ek het gevra wat dit was maar hy het net sy kop geskud en in die huis ingestap”

“Was julle nie baie close nie?”

“Dis die probleem Jean, ons was. Hy was die tipiese ouer boetie en ek die klein sussie. Hy het my altyd beskerm maar met die Wolf ding het hy my geignoreer, asof hy nie wou gehad het ek moet betrokke raak nie. Na sy dood het die Wolf ding baie aande aan die onderpunt van die tuin gestaan, binne sig van my kamer venster. My ma hulle slaap aan die kant van die tuin en sou hom nie kon sien nie.”

“Wie weet nog dat jy die Wolf gesien het?”

“Net Klein Jan, oom Jan Nienaber se seun”

“Hoekom hy?”

“Hy en Anton was groot maats en hy het my ’n paar keer uitgevra of Anton met my gepraat het oor die Wolf. Ek het hom eenkeer vertel die ding is ons tuin”

Ansie sit effe terug en Jean sien hoe sy ‘n traan uit die hoek van haar oog vee. Die gesprek oor haar broer krap haar duidelik om. As Anton 6 jaar terug dood is was sy maar 16, dis nog jonk.

Daars iets wat nie heeltemal pluis is in Ansie se storie nie. Sy en oom Hendrik het gepraat van 4 jaar terug wat die Wolf die eerste keer gewaar is. Nou is dit 6 jaar terug dat Anton dood is. Hulle het saam die wolf gesien terwyl hy nog geleef het.

“Hoe lank voor Anton se dood het jy hom op die stoep sien staan die eerste keer?” vra Jean

“So drie of vier jaar, ek weet net ek was nog nie in die hoërskool nie. Ek was in standers 9 toe hy dood is, so dan is dit seker 4 jaar voor sy dood.”

“Ek weet dis ‘n hartseer vraag Ans, maar hoe is Anton dood”

“Niemand weet eintlik nie, die polisie het gesê dit was ‘n ongeluk, hy het van ‘n krans afgeval. Wat my Pa hulle pla is wat het Anton in die berg gemaak daai tyd van die nag. Die nadoodse ondersoek het gesê hy was 8 ure dood toe die volk hom die oggend so 9 uur kry. Dit het beteken hy was na 12 op die krans. Ek dink hy het die Wolf gaan soek”

“Ek ken nie die berg so goed nie Ans, maar as Anton agter die Wolf aan was dan sou hy sekerlik vir iemand gesê het, dink jy nie so nie?”

“Nee Jean, Anton het altyd die praatjies oor die wolf weggepraat, hy het altyd gesê die mense droom. Omthou toe ek die Wolf saam met Anton gesien het was die Wolf nie ‘n besprekings punt soos nou nie. Mense het gepraat en die volk het geskimp van die Wolf in die berg, maar dit was niks ernstig nie. Dit was maar ‘n fabel wat van geslag tot geslag oorvertel is. Niemand het nog die ding van naby gesien nie tot nou onlangs”

“Ansie, ek dink Anton het die Wolf geken, ek dink die wolf wat almal van praat is ‘n Weerwolf, ‘n Nagwolf soos die mense wat van die goed weet na hom verwys. Jy weet wat ‘n Weerwolf is nê?”

“Nonsens Jean, waar kom jy aan sulke goed. Dis duiwelse goed daai en bestaan net in storieboeke. Daar kan nooit so iets op Grabouw wees nie en wat sou Anton met die ding gemaak het” së Ansie vinnig en Jean kan sien sy is erg ontsteld.

“A, hiers ons kos” sê Jean en dink dat die kelnerin die situasie gered het deur nou die kos te bring. Sy opmerking was onvanpas en het Ansie ontstel.

Daar heers ‘n ongemaklike stilte tydens hulle ete, so asof nie een van die twee regtig weet wat om verder te sê nie.

“Hoekom dink jy die Wolf is ‘n Weerwolf Jean?” vra Ansie uit die bloute

“Ek probeer maar net agterkom hoekom die ding so half en half snaaks optree Ansie. Dink jy nie ook dis snaaks dat hy jou uitsoek om mee te kommunikeer nie, dink jy nie dis snaaks dat hy nagte om in julle tuin staan, vir jou om te sien nie. Die Nagwolf het met Anton kontak gehad, of altans so dink ek”

Kommunikeer, hoe bedoel jy?”

Jean vertel vir Ansie die mite rondom Nagwolwe, hoe hulle mense is wat rondom volmaan in Wolwe verander, hoe hulle jag maak op mense en diere en hoe hulle soos gewone mense kontak wil maak met ‘n mens, ‘n mens wat hulle probleem sal verstaan. Hy vertel haar van die mite dat Nagwolwe vir eeue lank in ‘n omgewing kan bly, kan verander en weer en weer terugkeer met ‘n volgende geslag Wolwe.

“Wat jy sê Jean, is dat iemand hier in Elgin Vallei ‘n Nagwolf is en dat die Wolf se Pa een was en die se Pa een was. Dis mos totaal onmoontlik, hoe sou hulle hier gekom het, waar bly hulle, wat maak hulle bedags, wie weet van hulle?”

“Stadig nou, dis baie vrae om te antwoord en ek ek nie al die antwoorde nie. Ek raai maar net” antwoord Jean en besef onmiddelik hy moet stadig, Ansie mag dalk net snuf in die neus kry van hom wat self nie heeltemal is wat hy voorgee om te wees nie; “Wil jy nog iets drink, as ek nie nou koffie kry nie dan sterf ek”

“Ja asseblief vir my ook, en dan gaan ons vir Andries hulle soek”

“Vergeet dit Ans, daars geen manier wat ons vanaand berg toe gaan nie”

“Ons sal sien”

*****

Toe Jean die bakkie in die rigting van die volk se woonplek aan die voet van die berg stuur weet hy daars nie baie goed in die lewe wat Ansie du Preez wil hê, wat sy nie kry nie. Hy het sy uiterse bes gedoen om haar te oortuig dat om vanaand, volmaan aand, nie te gaan torring aan die Wolf nie.

Dis ‘n onheilspellende nag, dis volmaan, effe bewolk en ‘n ligte mis hang oor die kruin van die berg. Die stilte in die kar kan mens met ‘n mes sny. Ansie sit opgekrul langs Jean en staar by die venster uit. Hy sit saggies sy hand op haar been en gee dit ‘n drukkie. Sy keer vinnig sy hand toe hy dit wil wegtrek en hou dit styf vas. Asnie kyk na Jean en laat  haar oë stadig sak.

“Eks bang Jean”

“Nou kom ons gaan huistoe, dis laat”

“Nee ek wil weet wat se ding is die wolf, dalk is jy reg dis dalk ‘n Nagwolf”

Jean gee Ansie se hand ‘n drukkie en sy skuif nader aan hom en lê met haar kop teen sy skouer.

**

“My gedorie waar wat maak die Laney nou hier” kom dit van Andries toe Jean en Ansie aan die deur van sy se huis klop.

“Ons wil hê jy moet ons gaan wys waar sien julle daai Wolf Andries” antwoord Jean en stap saam met Ansie, Andries se huis binne.

“Nee my Laney ek sal nooit, ooit vir nonnie Ansie saamvat nie, die sieur pluk so wragtig al my gat velle af as hy hoor ek het julle die berg op gevat”

“Ek wil die Wolf sien Andries en ek sal nie my Pa vertel jy het ons gaan wys nie, ek belowe” kom dit van Ansie terwyl sy saam met Hermien, Andries se vrou, kombuis toe stap om vir hulle koffie te gaan maak

“Poppie, jy moet nie jou Pa kwaad maak en saam die mans berg toe gaan nie, dis nie ‘n plek vir ‘n vrou nie” sê Hermien

“Maar ek wil die Wolf sien Hermien, ek wil weet wat het van Anton geword en of die Wolf betrokke was”

Asof iemand Hermien met ‘n beker yswater gooi laat val sy die beker en trap so halwe tree terug; “Poppie, jy speel nou met vuur. Wie sê Sieur Anton en die Wolf was saam op die berg toe die Sieur dood is?”

“Hoekom skrik jy so Hermien wat weet julle”

“Nee hierdie skepsel weet van niks Poppie, kom ek dink dis laat, julle moet ry, ons sal volgende keer weer koffie drink” antwoord Hermien en stap voorkamer toe.

“Andries, kom Jean en Ansie gaan ry, Ansie se Pa gaan bekommerd raak, ons sal volgende keer weer koffie drink”

Hermien stap voordeur toe en stoot so half en half vir Jean en Ansie by die deur uit. Jean is verslae en probeer nog iets sê toe Ansie hom aan die arm vat en saam met hom bakkie toe loop.

***

“Wat de duiwel het nou hier gebeur Ansie?” vra Jean verbaas toe Andries die deur agter hulle toemaak en hulle in die bakkie sit

“Hermien weet iets van Anton en die Wolf af Jean, sy het snaaks geraak toe ek in die kombuis na Anton en die Wolf  verwys”

“Ansie hierdie Nagwolf is al langer in die kontrei as wat almal wil erken, erens is iets nie pluis nie.”

“Kom ons ry net tot aan die kant van die woonbuurt, ek ken ‘n pad wat halfpad teen die berg opgaan, ons kan vandaar af loop”

“Ons het niks om ons mee te beskerm nie Ans, kom ons los dit liewer. Ons kan môre aan liewer teen die berg opgaan, ek sal Môre met Andries en Sakkie praat.”

“Belowe my ons kan môre aand gaan” vra Ansie en kyk Jean stip aan

“Ek belowe”

“Dan is dit reg so, kom ek gaan maak vir ons koffie by die huis”

************

Word vervolg ………….

Kom ons gaan boer …. met Dartel Stappies

Die lewe is sekerlik die wonderlikste ding wat God aan ons gegee het. Die draaie wat die lewe met ons maak, die kruispaaie wat ons moet kruis en die onverwagte “curve ball” wat na ons gegooi word laat mens soms na jou asem snak.

Die naweek het ons by Plaas Nig en Neef gaan kuier  om ‘n paar tegniese reelings te gaan tref. Die grootste daarvan was on ‘n stukkie grond te gaan soek en om sommer vir “Ietz Nietz” ‘n lê plekkie. Die oorspronlike grondjie wat ons wou aanskaf is nie meer in die mark nie en het ons ‘n ogie op ‘n grondjie op “Jakkalsdans”, soos wat ek dit noem, maar eintlik in Jonkersberg. Die grond is totaal, totaal buitensporig geprys en vertel ek in kortstondige woorde vir die agent dat dit seker die duurste grond in die hele SA is. R 270,000, ja Twee Honderd en Sewentig Duisend rand ‘n hektaar. Nou kyk as daar ‘n Goudmyn op die stukkie grond was dan het ek dit verseker betaal, maar nee selfs water is skaars daar.

Die hele gedagte aan die boerdery was vir ons en die Plasies om saam te boer, saam dinge te doen en saam ‘n oudag geldjie te versamel. Ek is ongelukkig baie analities en werk die somme met die nodige “vrektes” tot op die sent uit. Vyf vingers in die “cookie jar” soos ek dit noem. Ons ry die hele Vrydag en Saterdag rond, maak ‘n kontrak vas vir die verkoop van ‘n gewas wat ons wil plant en gaan spoeg en plak op Varswater, ‘n deel van die Plasies se plaas, vir ‘n besie of twee.

Net daar op Varswater hak Plaas Neef af; “Hoekom vat jy nie die slawe huis grond en bou vir jou ‘n kaia daar en ons kan nog steeds saam boer nie, ons wou mos hoeka tonnels daar opsit”

Slawe Huis se grond is oorkant die pad van die groot plaas.

Die opsies word by die huis bespreek en ‘n plan word gemaak. Dan is dit nou so, ons koop nie grond nie, ons kry die slawe huis grond, dis nogals klein, en “huur” Varswater en hier en daar ‘n land of twee. El is in haar noppies en daar word erg gespot oor ‘n “oorgang” brug wat die twee stukke grond verbind dan hoef ons nie padlangs te loop nie.

Die middag word aand en Slawe Huis word vir my al mooier, ek speel met die kamera en Slawe huis kruip sommer nader en word die Familie Vuil se nuwe nessie.

Sondag middag op pad terug huistoe lewer ons chillies en peppadews af in PE, wat ons saamgebring het vanaf die plaas. Net daar maak die sexy een ‘n nuwe kontrak vas vir nog ‘n gewas wat ons of in die tonnels, of op ‘n stukkie aarde of selfs op Varswater kan gaan plant.

Die eerste naweek as aspirant boere het goed afgeloop en die Familie Vuil se nuwe hoofkantoor is bepaal. Die Familie vuil kan oor ‘n maand of ses dalk aan die nuwe hoofkantoor begin bou en wie weet dalk in die jaar 2013 die hoofkantoor betrek.

Die beplanning gaan voortgesit word die einde van die maand want die eerste kontrak gewas moet geplant word in die lente. Die oes moet reg wees in Maart 2013, die eerste aflewering is geskeduleer vir April 2013. Dinge gebeur, saad moet gekoop word, besproeieng moet ingesit word en dan moet die saailinge geplant word.

Die enigste gemors in die hele pragtige prentjie is die geldjies gaan die bankrekening verlaat met ‘n hewige spoed!

Ons gaan boer, met dartel stappies.

Die eerste “Dartel Stappies” na ons plasie ….

Sowat ‘n maand gelede het my ander helfte besluit dat ek mag gaan boer.

Uiteindelik-ons-gaan-boer

Soos dit maar in die Familie Vuil gaan is die woorde “jy mag maar gaan boer” nie noodwendig ‘n gegewe van kom ons pak en kom ons gaan boer nie.

Tiepies binne in ons familie raamwerk is daar 100’e gesprekke gevoer, planne gemaak en besprekings gehou oor hoe in die lewe kry mens op ‘n lappie aarde ‘n inkomste gelyk aan wat ek nou verdien. Nie dat die grootste Vuil miljoene per maand maak nie maar tog.

Wat die die “potensiële boer” nog meer verdag maak is die feit dat hy vir so lank as wat ons as familie kan onthou eintlik, soos in haatsprake genoem, ‘n polis smous is. Ja,ja daar is polis smouse en polis smouse. Dit blote feit dat die “boer” in ‘n bietjie ander liga as die standaard “polis smouse” speel, maak dit nog steeds nie van hom ‘n boer nie.

Tipies in my arbeidsplek en die ou swottingtjies wat ek deurgewerk het is ek ‘n totale annalis en het ek meer somme gemaak en wetgewings deurgelees as wat enige mens aan kan droom om die “boerdery” te beplan. Die kort en lank van die oplees, navors en droom is dat as ek en die sexy een wil gaan boer gaan ons verseker ons getatte gaan sien kort voor lank. Water wette, belastings en als wat die ou goevermentjie nog kan uitdink, kan dalk net die kaarthuise laat tuimel.

Dis eintlik skrikwekkend dat jy ‘n “liksens” moet hê om op jou eie grondjie ‘n boorgat te boor vir water. Laat ek nou eerlik wees ek het nie geweet dat ALLE ondergrondse water aan die regering en stadsraad behoort nie, veral nie die water bo in die berge nie. MAAR

Ek het vanoggend met Sjef seun gesels en ons het ‘n plan, amper soos daai een van “boer maak ‘n plan”.  Ons, dis nou ek en die sexy een, gaan môre na Plaas Nig en Neef toe. Ek gaan my plan met Plaas Nig en Neef bespreek en die eerste spit op ons toekomstige plasie spit. Al is dit net om ‘n klip teen ‘n ander klip vas te gooi of ‘n tak af te breek om dit onder ‘n ander boom neer te gooi. Die naweek begin ek die eerste stap van die twee planne in werking stel.

Plan 1 – Boer

                – Ek gaan ‘n klip gooi

Plan 2 – Maak “Ietz Nietz” oop

                – Ek gaan na persele soek

Oh, julle weet nie van “Ietz Nietz” nie, sorry. My gade het meer kuns en skeppings vermoë in haar pinkie as ek en al die seuns saam. Sy het toe ons nog jonk en mooi was, ons is nou nog net mooi, ‘n dames boetiek gehad en ook twee klere “labels” deur die land bemark.

Haar hartsbegeerte is om weer die “retail” mark te betree en hierdie keer met “Ietz Nietz”, “Ietz Nietz” is presies wat dit sê, dit gaan “Ietz Nietz” wees.

As ek meer vertel dan is die nie “Ietz Nietz” nie, is dit?

Hopelik sit ek Maandag ‘n fototjie op van die plekkie waar die klip wat ek gegooi het, geland het. Maandag is die eerste klip gegooi en die eerste perseel beloer.

Dankie tog ons gaan die naweek begin Boer!