Wie’s Biscuits?

Biscuits is ‘n naam wat ek in Graad 1 by ‘n pal gekry het wat nie my naam kon uitspreek nie. Hy het vir die dood gebrei en het sy “s” so snaaks gesê. Nou ek het ‘n “R’ in my naam en hy eindig op ‘n “S”

 

Ek het drie seuns en my middel man is my naam genoot. Groot was my verbasing toe ek hom eendag skooltoe vat en ‘n klein snotneus outjie uitroep; “Hi Biscuits” … daarna uitgevind die naam het nie vanself gekom nie, hy het dit half geinisieer. Hy’s 24 en sy maters noem nog steeds Biscuits.

My oudste is ‘n Sjef en die baba word liefdevol die Baba Kroegman genoem want sien hulle Pa, dis nou Biscuits Snr. glo dat hy koop ‘n kar, gooi 2 tanks petrol in en betaal die studies. Die drink en girl geld is vir hulle eie rekening. Hy is tans die 3rde geslag kroegmanne in die Familie Vuil, dis nou ons, se geskeidenis.

Eks getroud met die “sexy een” of tewel El, ek noem haar dit liefdevol omdat sy na 3 manne nog dam sexy en is, en is sy die trots van my lewe. Ons is grootste pelle of soos ons pelle altyd opmerk soos “battery en torts” waar ek gaan gaan sy en wederkeurig.

Ons laaik braai kwaai maar die Rooiwyn is eintlik die oorsaak vir die braai. Die Boesman TV, dis nou die vuur, is die oorsaak vir bottels en bottels rooi sappige koeldrank wat in die Familie Vuil se huishouding gedrink word. Sien, saam ‘n Boesman TV kan mens kuier maar as die TV die oordenking haal dan werk mens om die vleis gaar te kry.

Ek tik soos ek praat en haat al die regte opregte Afrikaanse woordjies wat nie daagliks gebruik word nie. Ek sal maklik ‘n vloekwoordjie of drie neer griffel veral as ek die draak steek met iets. Ek spel soos ‘n graad nulletjie!

Die lewe is ‘n lied en ek is ‘n nogals uitgesproke Christen wat lekker rook en drink en vloek en, en .. so eks gin heilig nie. Ek het in my lewe ruimte vir enige denke en het nog nooit iemand oor sy Godsdiens , Politiek of Rugby siening veroordeel nie, en raak nie heftig daaroor nie. Elke mens het sy plekkie in die son, daarvoor het God gesorg. Ek dink hy het ok die Blou Bulle gemaak om my tevrede te stel.

Nou ja toe, dis nou Biscuits en as ek jou laaik dan laaik ek jou en as jy my irriteer dan laaik ek jou ok!

Tot weersiens

B

Advertisements

13 thoughts on “Wie’s Biscuits?”

  1. Weereens welcome Biscuits! 🙂

  2. Baie welkom by die b(l)oggers, Biscuits! 🙂

  3. Geniet dit in Blogland!

  4. Lanette said:

    Bly jy reis saam, Biscuits!

  5. Dankie Biscuits, dat jy kom inloer het. Ek het ook drie seuns, en bly lekker saam met die mansmense! Boys are best!
    Ek figure nog hierdie blog ding uit, maar geniet dit saam julle!!!!Tot ‘n volgende keer….

  6. Ek kom loer net in om te se hallo.

  7. Hallo Biscuits! Ek sal weer hier kom inloer.

  8. Heita Rozanne. Gesien jy’t onsreis gevolg – ons is nou by http://www.bisarkatar.wordpress.com
    Sukses!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s