female-vampire-art-diabolousAimée vat ‘n slukkie van haar wyn, haal ‘n sigaret uit haar pakkie en steek dit aan. Sy sak terug in haar stoel en laat haar kop op die leuning rus, stadig blaas sy die rook die lug in en sug saggies. Sy het al so baie stories oor die vampiere van Bordoux gehoor, die ou mense in die kontrei, veral in die naby geleë Vayres op die oewer van die La Dordogne rivier waar haar Pa ‘n naweek huis het.

Aimée se gedagtes gaan terug na die ou huishoudster Frances. Frances het male sonder, tal as Aimée by haar in die kombuis sit, as sy kosmaak, haar aangestaar en net haar kop geskud en sag geprewel; “As jy maar net weet my kind, as jy maar net weet”.

“Tante, ek het so baie die fabels van vampiere en daglopers en al daai twak gehoor, nie dat ek ‘n word daarvan glo nie, maar Tante wil tog seker nie regtig hê ek moet dié storie glo nie. As my ma ‘n vampier is of was dan moet ek ook mos een wees of is dit nie oorerflik nie? En waar is die kamtige Markies Lefebvre nou. Leef hy nog hier in Bordoux, het hy ook kinders en waar is my oupa dan nou?

Het my Pa geweet hy trou met ‘n Vampier?”

“Aimée, kind stadig nou, een vraag op ‘n keer, kom ek ….

“OH NEE TANTE!, als, ek wil nou als hoor” val Aimée tante Gabriël verergd in die rede

“Kom ons gesels oor ons vakansie. As ons daar is het ons baie tyd, jy kan dan al die vrae vra wat jy wil, ek sal antwoord soos ek die storie by jou ma gehoor het”

“Tante, ek gaan nêrens heen voor ek nie weet wat op my wag nie, so of Tante antwoord my vrae nou of ek gaan huistoe en ons gaan nie met vakansie nie” sê Aimée verergd, vat nog ‘n sluk wyn en kyk Tante Gabriël in afwagting aan.

Aimée sien hoe Tante Gabriël half ongemaklik rond skuif en versterk net haar blik. “Goed my kind jy sal maar weer moet vra, jy het so vining gepraat ek kan nie als onthou wat jy gevra het nie”

“Kom nou Tante, asseblief”

 *****

 Die plaashuis is donker met net hier en daar die kelder en stoepligte wat brand toe Ansie by die erf inry. As iemand haar sou sien stop en uit die bakkie klim sou hulle dadelik haar woede in haar lyftaal kon sien. Sy klap die bakkie se deur toe en storm in die rigting van die huis.

“Wat lyk jy so omgekrap Ansie?” hoor sy haar Pa van die stoep af sê

“Hoe laat Pa my nou skrik, wat maak Pa so laat op en hoekom sit jy so in die donker alleen?” stotter ‘n erg verleë Ansie.

“Kon nie slaap nie” mompel Hendrik. “Waar kom jy nou so omgekrap vandaan Ansie, kyk die tyd”

“Ag Pa ek en Jean het net so effe woorde gehad, niks erg nie, nag Pa” sê Ansie vinnig en glip die huis in. Dit sal lol as haar Pa begin vrae vra oor haar en Jean se “woorde”.

 ******

 “Waar is Jean vanoggend?” vra tannie Bella vir Ansie toe sy die kombuis binnekom.

“Hoe sal ek nou weet Ma” antwoord Ansie vinnig, tel die koffie pot op en skink vir haar koffie.

“Ek dog julle is gisteraand saam hier weg Ansie, ek het jou hoor inkom maar nie vir Jean nie, sy buitekamer was die heel nag donker”

“Spioneer ma nou op my?” sê-lag Ansie, gee haar ma ‘n drukkie en stap vinnig die kombuis uit.

“Waar gaan jy Ansie, die kos is amper reg”

“Eks nie honger nie Ma!” roep Ansie oor haar skouer.

 ******

Ansie raak vir ‘n oomblik yskoud as sy in die rigting van Jean se buitekamer stap. “Ek hoop nie die bleddie Wolf het jou ook gevang nie Smit” sê sy hardop vir haar self.

“Môre nooi Ansie” groet Andries

“Môre Andries het jy vir Jean gesien?”

“Nee Ansie, ek het sy bakkie vanoggend daar onder by die plaashek sien staan, daar by die onderste boord, SE2”

“Wat sal hy daar maak?” vra Ansie vinnig

“Nou hoe sal Andries nou weet nooi, ek vra mos die appy wat hy soggens in die boorde maak nie” terg lag Andries en stap die kelder binne.

Ansie is half verbouereerd as sy in die plaas bakkie spring en in die rigting van SE2 ry.

“JEAN , JEAN!” roep Ansie die boord in as sy langs Jean se bakkie staan. Die sleutels is nog in die aansitter, dis nie hoe Jean die bakkie sou los nie, dis te naby aan die plaashek. Weer roep sy hierdie keer effe harder en baie benoud “JEEAAANN, JEAAAANNN, WAARS JY?”

Sy loop die boord in en prober kyk of sy hom nie dalk êrens sien staan nie, Na ‘n paar minute se soek en roep besef Ansie Jean is nie hier nie, ‘n koue rilling gaan teen haar ruggraat af, iets is hier fout, iets is hier groot fout.

“Ansie du Preez, nou moet jy kophou … gaan roep jou Pa .. of nee gaan haal vir Andries hy sal help soek” praat sy in haar gedagtes met haarself.

Waar de hel is jy Smit?” sê sy hardop en kies koers met die bakkie kelder toe.

*********************************

Word vervolg ………………..

 

 

Advertisements