Hoofstuk 9

Waar Andre tussen die bome staan en staar na die toneel wat voor hom afspeel, Jean en Ansie gesels intens, hy sien hoe sy haar uit sy greep losruk en in haar bakkie spring en wegry. Dinge gaan lol met Jean in die omgewing, hy krap waar dit nie jeuk nie. Hy het vanoggend gesien hoe vinnig hy op die bloedspoor van die Wolf gekom het. Hoe is dit moontlik. Wie en wat is Smit, hy kon tog nie ook ‘n Weerwolf wees nie, sy Wolf sou hom gesê het, sy wolf wat almal wil weghê. Hy sal sy Wolf beskerm al kos dit ook wat.

***

“Gesondheid” sê Aimée toe sy met tante Gabriël ‘n glasie klink.

“Gesondheid en voorspoed” antwoord tante Gabriël en vat ‘n teug aan haar wyn.

“Hoekom wou tante my so dringend sien, hoekom moet ek weggaan vir my 21ste verjaardag?” vra Aimée vinnig terwyl sy terugleun in haar stoel en  verwagtend na tante Gabriël kyk.

Tante Gabriel sit vir ‘n oomblik stil en kyk na die pragtige Aimée wat met haar lang bene voor haar uitgestrek sit en verwagtend na haar staar.  “Waar begin ek Aimée?”

“By die begin tante, ek wil nie net ‘n simpel rede hoor van dis goed vir jou my kind nie, ek wil als weet”

“Goed, kom ek begin by die begin, in die  16de eeu was daar twee families in die Bordeaux omgewing wat oor die jare ‘n familie vete begin het, die oor en weer bakleiery was so erg dat sluipmoord aan die orde van die dag was. Die familie Lefebvre van Bordeux en die familie Fonteneau van Lyon. Aan die hoof van beide families was ‘n Markies.  Die storie wat die rondte doen is dat Marqui Lefebvre in die laat 17de eeu so ver gegaan het om hom onsterfbaar te maak deur ‘n vampier van Parys te kry om hom in vampier te verander. Marqui Lefebvre sou volgens oorleweng Marqui Fontenau vermoor het maar nie voordat die Marqui ‘n seun weggesteek het en ook volgens oorlewing ‘n vampier was nie. Sy seun was dus ook ‘n Damphir.  Marqui …. ”

“Askies dat ek tante in die rede val maar waar pas ek nou in ‘n fabel in wat deur oorlewing oorvertel word?”

“Geduld Aimée kind, kom ek vertel verder. Marqui Fontanau se seun, ‘n Damphir of soos hulle dit noem, ‘n dagloper het vir ‘n paar jaar weggeraak en Lefebvre was gelukkig dat hy nou oor albei families regeer. Die Fontanau familie was nou arbeiders en is deur Lefebvre ontvoer om as slawe op sy plase te werk. Die Marqui Lefebvre is deur die gemeendskap verwilder en is vir jare nie gesien nie. In die middel 18de eeu is daar ‘n jong man opgemerk in Lyon wat volgens oorleweing die tweeling van ou Marqui Fontanau kon wees. Die ou mense het hom dadelik herken en is hy gou as die Damphir Fontanau aangeneem. Hy is getroud met ‘n niggie van hom en hulle het ‘n dogter gehad Sylvia Fontanau”

“TANTE! Dis my ma se naam” sê Aimée onsteld en sit regop. “Was dit haar ma?  is my ma die kind van ‘n vampie?, kom tante dis nie moontlik nie dis net stories”

“Sylvia is jou ma my kind”

Aimée plof terug in haar haar stoel en sluk met ‘n paar groot slukke haar wyn af. “Ek kort wyn, KELNER!”

Tante Gabriel sit en kyk waar Aimée verward voor haar uitstaar, haar gelaat is bleek, sy kan sien die kind is uit die veld geslaan. “Wag tot sy tot verhaal kom Gabriel” dink sy, en sit terug in haar stoel en vat ‘n slukkie wyn.

“Jou wyn juffrou Bertrand”

“Dankie, tante ek moet iets kry om te eet, hierdie is seker die snaakste storie wat ek in my lewe gehoor het, my ma ‘n Vampier ags asseblief tante, jy wil tog nie regtig hê ek moet dit glo nie”

******

Jean stap stadig terug in die rigting van die berg. Die naggeluide is so rustig, die dorpie aan die slaap maar tog kan hy aanvoel dat iets hier skuil in die donker. Die maan sit hoog en die omgewing is helder verlig. Verbeel hy hom of is daar ‘n beweging so halfpad teen die kronkelpaadjie op. ‘n Koue rilling gaan teen sy rug af. Hy is van kleins af voorberei  vir die dag wat hy in ‘n Dagloper gaan verander, sy 21ste verjaarsdag was vir hom ‘n veraassing, iets wat hy nie graag weer wil beleef nie. Die vreemdste dag in sy lewe, maar wat hy nou tegemoet gaan kan dalk meer vreemd wees, Skielik is Jean bang.

Aandie voet van die berg gaan hy vir ‘n oomblik staan en kyk na die paadjie wat voor hom die berg oploop. Half buite sig van normale sig van mense wat net aan die voet van die berg wandel, vir hom wat al hier was lê die paadjie soos ‘n snelweg op ‘n padkaart voor hom uit. Hy begin stadig deur die eerste ruigtes stap en begin teen die effe steil paadjie die berg opstap. Dis net na middernag.

‘n Geritsel so 100 meter voor hom laat hom verstyl, hoekom ruik hy niks, hoekom sien hy niks, daars tog iets, dalk ‘n muis. Hy stap verder en kom in die oopte waar hy Santjie gekry het. Als lyk net soos hy dit vanoogend laas gesien het. Hy stap ‘n rukkie in die oopte rond op soek iets wat hom meer van die Wolf kan vertel.  Jean hurk by die plek waar hy Santjie gekry het opgerol in haar kombers gekry het. Stukke van die kombers lê nog rond. Uit die hoek van sy oog sien hy ‘n opening tiussen die bosse en stap vinnig daarheen.

Jean kom so twintig tree verder in nog ‘n oopte af. Dit lyk kompleet of iemand die stukke aarde oopgekap het, die bosse vorm ‘n dak bokant die oopte van sowat vier vierkante meter. Hier kry Jean ‘n uitgebrande vuur, ‘n kombers weggesteek onder bosse en ‘n paar stuks hout, reggepak om ‘n vuur te kan maak. Hy sien skoenspore in die sagte grond aan die kant van die oopte. “Groot man” dink hy.

Daars dit weer, die kraak van ‘n takkie nie ver van hom af nie, of verbeel hy hom. Iets is hier naby, hy kan dit aanvoel. Jean probeer weer luister na die naggeluide om te probeer uitvind waar die “iets” is wat hy hoor of aanvoel. Hy staan staan stadig op en loop in die rigting van die groter oop stuk tussen die bome toe hy ‘n geritsel agter hom hoor. Hy steek vas en kyk om net om te sien hoe ‘n reuse stuk hout van bo sy kop in sy sig kom, hy probeer koes toe alles swart word voor hom.

Jean sak stadig tot op sy knieë en val vooroor …….

*************

Word vervolg …..

Advertisements