Hoofstuk 7

Bordeaux beleef een van die eerste warm Franse somers dae. Aimée Bertrand sit op ‘n bankie in die park Jardin Public en bewonder die kleurvolle plante en lower groen bome.  As Aimée stilte nodig het om haar haar gedagtes te orden kom sit sy altyd op dieselfde bankie, op ‘n effense bultjie in die park. Die bankie is in ‘n afgeleë deel van die park waar min toeriste rond dwaal. Jardin Public wat in die agtiende eeu ontwikkel is, is deur die ejare uitgebrei tot ‘n lushof van agtiende eeuse argitektuur, beelde en botaniese tuine. Die park is vandag een van die gewildste parke in Bordeaux en letterlik honderde inwonders en toeriste besoek die park en omgewing daagliks.

Haar gedagtes is ver en sy kan voel hoe die gloed van die Franse somer haar gesig prikkel. Aimée is geklee in ‘n swart deminbroek met ligte bloes wat los om haar middel hang. Haar raaf swart hare omhels ‘n skraal gesig wat sag gegrimeer is. Haar hare hang net bokant haar skouers met ‘n lang kuif wat windskeef oor haar gesig hang. Haar swart oë en ligte gelaat maak haar asemrowend mooi.  Haar rooi geverfde toonnaels komplimenteer haar lang bene en slanke voete. Sy sit en speel met haar sandaal in haar voet terwyl sy na die mense wat in die park wandel kyk.

Aimée is die enigste dogter van Jaques Bertrand, ‘n welgestelde advokaat in Bordeaux. Haar moeder het haar vader verlaat toe sy 5 jaar oud was. As sy saans alleen op die stoep van hulle Villa sit voel sy soms haar moeder kyk vir haar vanuit die tuin. Dis asof sy aanvoel haar moeder is nog steeds in Bordeaux. Sy het al met haar vader daaroor gepraat maar soos al die vorige kere is gesprekke rondom haar moeder net weggepraat. Haar tante Gabriël het wel eenmaal die opmerking gemaak dat dogters van Vampiere hoogs ontwikkelde sintuie het en dat Aimée versigtig moet wees, mense sal dalk dink sy is een. Daars baie mites oor Vampiere in Bordeaux, al maak die inwoners die stories as mites af is daar tog ‘n senuagtigheid onder hulle as iemand net die woord “Vampire” gebruik. Saam het hulle daaroor gelag en is haar gevoel weggepraat.

Haar 21ste verjaarsdag is om die draai en dit wil voorkom of haar haar vader en tante probeer om haar te oortuig dat haar tante haar op ‘n lang vakansie weg neem. Sy kan nie verstaan wat so belangrik is aan haar 21ste verjaarsdag nie en hoekom sy nie tuis kan bly nie. Sy wil in haar moeder se huis verjaar, sy wil hier waar sy veilig voel mondig word. Dis tog haar dag en sy weet as sy mondig word, word die Villa de Marqeaux hare. ‘n Geskenk van haar moeder. Dalk sal haar moeder terugkom of haar ten minste net bel, sy kan mos nie weg wees nie, nie as sy dink haar moeder is nog hier nie.

“Wat sit jy so ver en dink liefie” hoor sy haar tante se stem toe dié langs haar op die bankie kom sit. Tante Gabriël weet van Aimée se geliefde bankie en het haar daar kom soek.

Tante Gabriël het haar grootgemaak, en is soos ‘n moeder vir haar. Sy is ‘n oujongnooi wat nooit getroud is nie. “Die regte man is getroud met iemand anders” was altyd haar verskoning.  Gabriël Bertrand is kort in haar vyftigs en is ‘n besondere aantreklike vrou. Dis vreemd dat sy nooit getrou het nie, nie dat sy nie gereeld deur mans uitgeneem word nie, wat dit nog meer vreemd maak.

“Ek dink sommer aan my verjaarsdag tante”

“Ek het vir ons ‘n vakansie bespreek op een van die Griekse eilande Aimée, ons vertrek twee dae voor jou verjaarsdag en sal ‘n maand daar spandeer”

“Hoekom tannie, hoekom moet ek weg uit Bordeaux as ek verjaar, ek verstaan nie”

“Vertrou my net dat jy nie hier wil wees as jy 21 word nie Aimée, ek sal als verduidelik as ons in Griekeland is.”

“Verduidelik eers tante anders bly ek net hier” sê Aimée en staan op

“Aimée wag, ek sal verduidelik kom ons gaan eet vanaand uit net ek en jy”

“Dis reg met my tante, ek moet nou gaan Henri wag”

“Daai mannetjie is gans te danig met jou Aimée, jy moet passop!”

“Hy is my kêrel tante, ek is lief vir hom” kap Aimée terug en stap na haar kar toe.

Gabriël Bertrand sit nog ‘n wyle en top oor presies hoe sy vir Aimée vanaand gaan verduidelik hoekom sy nie in Bordeaux kan wees as sy verjaar nie. Jaques moes lankal met die kind oop kaarte gespeel het maar ja hy is maar ‘n halstarrige man. Nog meer so nadat Sylvi weg is.

*****

Jean stap ‘n entjie agter oom Hendrik en die res van die groep mense wat op pad is na klein Anna se huisie. Hy stop vir ‘n oomblik, steek ‘n sigaret aan en stap tot langs die huis. Dis ‘n koel oggend teen die hang van die berg en Jean sien hoe winter wolke om die berg begin saampak. As dit kom reën gaan hulle sukkel om die Nagwolf se spore te volg. Jean weet die Nagwolf is nie meer waar die mense na hom gaan soek nie, die son is op en die Wolf is weer ‘n mens.  Jean het ‘n sterk vermoede die Nagwolf is iemand wat die gemeenskap ken.  As dit ‘n rondloper was, het hy lankal ander weivelde gaan soek. Die Nagwolf kan selfs ‘n vrou wees en nie ‘n man wolf soos alom in mites vertel word nie.

Ansie wag vir hom buite en vat sy hand en trek hom die huis binne. Klein Anna sit in haar klein sitkamertjie saam met familie lede wat haar vertroostend vashou. Klein Anna is ‘n enkel ouer wat op oom Hendrik se plaas werk.

“Wat het gebeur Anna?” vra oom Hendrik toe hy langs klein Anna op die bank gaan sit.

“Ek weet nie sieur, ek het geslaap toe Santjie begin gil. Ek het dadelik na haar kamer gestorm toe ek sien daar staan  ‘n groot hond, wat soos daai honde van sieur Benade  lyk,  met Santjie in sy arms. Toe ek begin gil spring hy met Santjie by die venster uit. Sieur die ding loop op twee pote, hy staan so regop soos ‘n man” antwoord klein Anna oom Hendrik en begin weer hartverskeurend huil.

Dan is dit regtig ‘n Nagwolf en het Andries nie oordryf toe hy sê die Nagwolf het al kinders gesteel nie. Dis snaaks dat die Nagwolf volgens Andries net kinders steel. Jean wonder of die Nagwolf al volwasse mense aangeval het.

“Jan, dis dieselfde wat met Gertie se kind gebeur het 8 jaar terug, is dit nie?” vra oom Hendrik en kyk na oom Jan wat teen die deur van die sitkamer leun.

“Ja Hendrik maar soos ek daardie tyd al gesê het, die kinders het seker weggeloop. Hoekom sal  die Wolf soos almal hom noem net kinders vat. Ons verloor skape, bokke en selfs hier en daar ‘n bees, hoekom kinders?  Het hy al ‘n grootmens aangeval?”

“Ek het hom gesien sieur Jan, Gertie het nie gesien haar kind is gevat nie” kom dit huilend van klein Anna

“Ja sieur Jan, Ampie se broer is deur die Wolf gebyt toe hy van die kroeg af huistoe geloop het. Dieselfde tyd toe Gertie se kind weg is” antwoord Andries

“Ja Jan, ek het ook gehoor van volwassenes wat op Franshoek aangeval is” kom dit van Wouter Benade toe hy en sy seun Andre die huisie instap.” Môre Hendrik, môre almal”

“Twak man, hy is deur een van die honde in die buurt gebyt, hy was so dronk soos ‘n spook” antwoord oom Jan vinnig; “Wat maak jy en Andre hier Wouter?”

“Ai sieur” is al wat Andries uitkry.

“Ek het gedink ek en Andre kan kom help Jan, is daar iets mee fout” vra Oom Wouter en stap by oom Jan verby en groet oom Hendrik met die hand.

Wouter Benade is Jan Nienaber se swaer, die gemeenskap weet dat alhoewel Wouter met Jan se suster getroud is, het die twee nie regtig ooghare vir mekaar nie.

“As ons wou gehad het jy moet kom help met ons volk sou ons jou gevra het” kom dit snedig van oom  Jan

“Wag nou Jan, was hy al een Andries?” vra oom Hendrik vinnig voor Jan Nienaber nog iets kan inkry.

“Die sieurs gaan ons nie glo nie, almal hier in die vallei dink ons  praat mos kak” kom dit half geirreteerd van Andries

“Andries moet my nou nie staan en moerig maak nie, ek het jou ‘n vraag gevra”

“Sorry Sieur, ja oor die jare is daar baie van onse mense wat al deur die Wolf aangeval is. Klein Anna se kleintjie is die eerste een wat gesteel word na Gertie se kind maar my eie kinders is al verjaag en daar in Franshoek het hy ok al van onse mense gevang. Hy bly net weg van julle wittes af”

“Ek wil met jou praat oor die goed wat julle weet Andries, maar kom ons gaan soek ‘n spoor of ‘n ding dat ons klein Anna se kind kan kry”

“Gaan ons nie wag vir die polisie nie Hendrik?” vra oom Wouter

“Hulle was al hier sieur, hulle kan nie help soek nie, hulle het ander werk” antwoord Andries

“Nou kom ons begin” sê oom Hendrik en stap buite toe

*****

Ansie en Jean sit nog vir ‘n oomblik op een van die stoele in klein Anna se sitkamer toe Jean haar vra of hy Santjie se kamer kan sien. Hulle al drie stap na die kamer en klein Anna steek in die gang vas en wys vir Jean waar Santjie se kamer is. Die kamer lyk of ‘n tornado hom getref het. Als lê rond, glasstukke lê voor die stukkende venster waardeur die Wolf met Santjie is.  Jean stap nader en sien ‘n paar bloed spatsels op die vensterbank buite. Dis of Santjie se bloed of die Nagwolf het homself met die venster gesny.  Jean hoop heimlik dat dit die Wolf sin is want dan sal die persoon dalk steke moes kry.

“Wat maak julle nog daar binne Jean, kom help soek” roep oom Hendrik

“Ek kom oom, gaan julle solank ek sal opvang. Ansie gaan saam met jou Pa ek kry julle nou nou teen die voet van die berg.” Kom dit van Jean

“Ek bly hier by jou” is al wat Ansie sê

Damit, nes ek gedink het, dink Jean en probeer so ongerg moontlik na die bloed teen die vensterbank kyk. Hy wil so graag daaraan proe maar hoe gaan dit net nie lyk nie. Hy buk by die venster uit en sien die mans tussen die bosse instap tot aan die voet van die berg. Hy druk sy hand buite op die vensterbank en maak seker sy vingers vang  van die bloed op.

“Kom Ansie stap voor, kom ons gaan help jou Pa hulle”

Jean wag vir ‘n oomblik dat Ansie uit die kamer stap toe hy sy vingers na sy neus bring en aan die bloed ruik. Stadig bring hy die halfdroë bloed na sy tong toe en proe daaraan. Hy draai stadig om en kyk weer na die kamer agter hom.

***

Jean voel hoe Ansie haar hand in syne sit en dit styf vashou. Ver voor hulle hoor hulle stemme en word bevele heen en weer uitgeroep om soveel as moontlik van die bos agter die woonbuurt fyn te kam. ‘n Benoude gevoel oorweldig Jean waar hy langs Ansie in die rigting van die berg stap.

Jean loop en dink; “Santjie leef nie meer nie, die bloed is daarvan ‘n getuienis, die Nagwolf is nie meer in die berg nie, hy verander in ‘n mens na sonop, hulle soek verniet, die Nagwolf soek heelwaarskynlik saam”

Jean gaan skielik staan en ruk Ansie amper van haar voete af toe sy aanhou loop. Hy buk vir ‘n oomblik af en kyk na die gras langs ‘n voetpaadjie wat skuins om die berg loop en nie in die rigting van die bosse nie.

“Waarna kyk jy Jean” vra Ansie

“Hier is bloed in die gras Ansie, kyk hier en weer hier”

“Hoe de duiwel het jy dit raakgesien?” vra Ansie ek kyk na die klein bloedspatseltjies wat Jean vir haar utwys

“Ek was seker maar net gelukkig” kom sy antwoord vinnig. Hy kan tog nie vir Ansie sê hy het dit geruik nie.

“Ons moet gou maak Jean, kyk die paadjie loop ‘n draai aan die kant van die berg op na die kranse toe, my Pa hulle soek verkeerde plek”

“Gaan roep hulle ek stap solank verder” sê Jean en begin drafstap in die rigting van die kranse al met die voetpaadjie langs.

“Wees versigtig Jean” roep Ansie oor haar skouer terwyl sy vinnig in die rigting van haar Pa hulle stap.

Jean drafstap in die rigting van die kranse op die reuk van die bloed spatsels wat nou meer sigbaar word. Aan die voet van die krans gaan staan hy en kyk op na ‘n kronkelende paadjie wat duidelik teen die kant van die krans op loop. Die paadjie is styl en effens toegegroei. Dis duidelik dat min mense dit gebruik.

Jean stop vir ‘n oomblik en sien ‘n kleinerige plas bloed op die grond lê. Dit smaak soos die bloed op die vensterbank.

Verbeel hy hom of hoor hy ‘n sagte gehuil teen die krans op. Jean begin vinnig deur die plantegroei stoei wat die voetpad versper. Daars bloed oral en Jean hoop dat die bloed nie afkomstig is van die Santjie jie, dis verseker sy wat saggies snik.

Halfpad teen die krans op kom Jean op ‘n oopte in die pad af. Dis direk langs die krans en Jean kan sien dat hier gereeld iemand aandoen. Daars stukkende klere, half ge-ete stukke vleis en krapmerke oral op die rotse wat die een kant van die oopte van die krans skei. ‘n Stukkende kombers maak dit nog meer vreemd.  Jean sien Santjie onder die kombers toegerol lê, haar hande en voete is vasgemaak en hier en daar is haar liggaam vol krapmerke.

Jean tel Santjie vinnig op en storm teen die paadjie af. Hy moet seker maak niemand weet van die nes nie. Hy moet seker maak dat die Wolf se wegkruipplek geheim bly.

Hy sal die Wolf kom soek, dalk met volgende volmaan, hulle moet mekaar in die oë kyk.

***

 “Jean waars jy?” hoor hy Ansie roep

“Hier onder die krans tussen die bome” antwoord Jean en stap terug in die paadjie met Santjie in sy arm om Ansie en die soekgeselskap te ontmoet

“Leef sy Jean” roep Ansie verlig uit

“Waar kry jy haar?” vra oom Hendrik

“Sy is OK, ek het haar hier onder die krans gekry, sy het net groot geskrik” antwoord Jean

“Sien julle ek het gesê die kind het net weggeloop” sê Jan Nienaber

“Ja, Jan Nienaber”; dink Jean. “Wat steek jy weg?”

Word vervolg …………….

Advertisements