Ek het verskeie blogs geskryf oor toeval en dat my persoonlike standpunt is dat niks in die lewe toevallig is nie. Die oorsprong van die heel eerste blog op LitNet is al holrug gery en was die uiteinde van Blote toeval dat ek en El die aanbod wat Maatskppy 1 aan ons gemaak het sou aanvaar.

Met die nuwe loopbaan op die horison en die planne vir die Plasie, oh wat terloops herdoop is weens die uitspraak van Anfäge as An-fa-ge, totaal on-Duits, bietjie op die ys, het ons planne gemaak om liewer stadiger, as een van die dae aan plasie te werk, en my nuwe loopbaan met alle erns te aan te pak.

El was vanaf die eerste dag dat ek in my huidige beroeps rigting begin het deel van my praktyk hetsy of dit net ons was of in bestuur was, sy was altyd aan my sy. As ‘n instelling my nader om, soos wat die geval was met my trek PE toe, om ‘n nuwe divisie te begin, dan gaan die onderhandelinge altyd gepaard met; “Onthou my vrou is my uitvoerende assistant, kantoor bestuurder ens. ens. Dit sou ook nie anders gewees met die nuwe pos nie.

El verdien om haar skeppende talent uit te leef en dinge te doen wat nog altyd vir haar ‘n hunkering was. Dit gaan verseker nie gepaard met kantoor werk nie. Dat sy my nuwe assistant sou wees in my nuwe pos, was soos ooreengekom, net tydelik tot sy iemand anders opgelei het, maar ek ken haar sy sou aangebly het en sy is dam goed.

Verlede Donderdag, die 12de, kry ek die finale oproep vir ‘n afspraak ‘n week later om die die laaste “fine-tuning” te doen. Ons eindig ons dae op die stoep met ‘n wyntjie terwyl ons met “Watch dog” en “Lover Girl” speel en met ‘n wyntjie in die hand, word die plasie amptelik op die ys geplaas vir ten minste 2 jaar. Beide van ons is teleurgesteld maar besef ons droom kan nog bewaarheid word. Dis net te ver van PE na Groot Brak om selfs net naweke te “boer”.

Ek het vertel van Maatkappy 2 wat ook agter my bloed aan is maar hulle planne vir my is nog ver van klaar af en Maatskappy 1 se aanbod is goed. Vrydag die 13de, ja die ongelowige 13, lui my foon net na 10 en Maatskappy 2 se onderhandelaar is op die lyn.

“M, daar het iets verskrikliks gebeur in ons Knysna kantoor, wanneer kan jy begin, die aanbod is so en so en so”

OH donner sê ek vir El die oomblik toe ons na 45 minute die foon neer sit. “Wat nou?” vra sy laggend. Ons kantore is reg oor mekaar en kan ons woord vir woord hoor as die een op die telefoon is en die huis is stil.

Om ‘n lang storie kort te maak is Maatskappy 1 nou weg en 2 die antwoord. Ek begin die 1ste Mei in Knysna, ‘n katspoegie vanaf Groot Brak, El trek middel Junie en gaan ons in plaas Nig se dorpshuis bly vir die onmiddelike. Die plasie is nou sommer al vroeg volgende jaar en kan ons begin bou aan ons kaja so gou moontlik.

Sjoe dit was darem maar toevallig dat daar nou oornag ‘n pos beskikbaar is in Knysna, een wat my talente nodig het. In die spesifieke veld is kennis belangrik maar insig en “ ’n gevoel” beter. ‘n Mens het in die spesifieke veld ‘n aanvoeling vir die tipe besigheid of jy het nie, daar is net nie ‘n midde weg nie.

Wat dit nog meer “toevallig” maak is dat ek die assistant wat daar is moet oorneem, nie ‘n “moet” nie, maar ek sal dom wees as ek haar ondervinding in ‘n plekkie soos Knysna net verloor. El gaan nou voltyds aan haar droom bou, ‘n droom wat sy al vir 23 jaar op die ys het.

Na my besoek aan Knysna die opvolgende Maandag en die “fine-tuning” vergadering laas Vrydag is dit nog net die kontrak wat ‘n spanner in die works kan gooi, anders is die Tuin Roete eersgdaags ons nuwe tuiste.

Die toevaaligheid is saans op knieë bespreek en dankbaar heid is gegee waar dit toekom.

Sela.

Advertisements