Hoofstuk 5

Jean sit terug en vat ‘n slukkie van sy wyn en kyk na waar Ansie oor haar glas staar die nag in. Haar blonde hare rol oor haar skouers en golf teen haar rug af. Ansie is ‘n baie aanvallige jong dame, selfs met ‘n  denim broek en loshangende trui aan, lyk sy asof sy uit ‘n mode boek gestap het. Ansie laat koppe draai en dis moeilik om te dink dat sy ‘n dokter wou word. As hy aan ‘n dokter dink, dink hy eerder aan ‘n nerd tipe meisie, nie ‘n skoonheid soos Ansie nie. Sy het verseker sy oog gevang en dit maak hom ongemaklik, baie ongemaklik.

“Vertel my meer oor jou ondervindiong met die Wolf Ans”

“Al wat ek jou nog nie vertel het nie is die kere wat ek hom in die tuin gesien het”

“Vertel”

“Ek kan nie regtig onthou hoeveel keer en wanneer ek die Wolf die eerste keer gesien het nie maar dit het begin toe Anton nog geleef het. Ek het hom een aand gevang waar hy op die stoep staan en na iets langs die kelder gekyk het. Toe ek langs hom kom staan het hy amper vies aan gekyk en het ek ‘n skaduwee langs die kelder sien verby beweeg. Ek het gevra wat dit was maar hy het net sy kop geskud en in die huis ingestap”

“Was julle nie baie close nie?”

“Dis die probleem Jean, ons was. Hy was die tipiese ouer boetie en ek die klein sussie. Hy het my altyd beskerm maar met die Wolf ding het hy my geignoreer, asof hy nie wou gehad het ek moet betrokke raak nie. Na sy dood het die Wolf ding baie aande aan die onderpunt van die tuin gestaan, binne sig van my kamer venster. My ma hulle slaap aan die kant van die tuin en sou hom nie kon sien nie.”

“Wie weet nog dat jy die Wolf gesien het?”

“Net Klein Jan, oom Jan Nienaber se seun”

“Hoekom hy?”

“Hy en Anton was groot maats en hy het my ’n paar keer uitgevra of Anton met my gepraat het oor die Wolf. Ek het hom eenkeer vertel die ding is ons tuin”

Ansie sit effe terug en Jean sien hoe sy ‘n traan uit die hoek van haar oog vee. Die gesprek oor haar broer krap haar duidelik om. As Anton 6 jaar terug dood is was sy maar 16, dis nog jonk.

Daars iets wat nie heeltemal pluis is in Ansie se storie nie. Sy en oom Hendrik het gepraat van 4 jaar terug wat die Wolf die eerste keer gewaar is. Nou is dit 6 jaar terug dat Anton dood is. Hulle het saam die wolf gesien terwyl hy nog geleef het.

“Hoe lank voor Anton se dood het jy hom op die stoep sien staan die eerste keer?” vra Jean

“So drie of vier jaar, ek weet net ek was nog nie in die hoërskool nie. Ek was in standers 9 toe hy dood is, so dan is dit seker 4 jaar voor sy dood.”

“Ek weet dis ‘n hartseer vraag Ans, maar hoe is Anton dood”

“Niemand weet eintlik nie, die polisie het gesê dit was ‘n ongeluk, hy het van ‘n krans afgeval. Wat my Pa hulle pla is wat het Anton in die berg gemaak daai tyd van die nag. Die nadoodse ondersoek het gesê hy was 8 ure dood toe die volk hom die oggend so 9 uur kry. Dit het beteken hy was na 12 op die krans. Ek dink hy het die Wolf gaan soek”

“Ek ken nie die berg so goed nie Ans, maar as Anton agter die Wolf aan was dan sou hy sekerlik vir iemand gesê het, dink jy nie so nie?”

“Nee Jean, Anton het altyd die praatjies oor die wolf weggepraat, hy het altyd gesê die mense droom. Omthou toe ek die Wolf saam met Anton gesien het was die Wolf nie ‘n besprekings punt soos nou nie. Mense het gepraat en die volk het geskimp van die Wolf in die berg, maar dit was niks ernstig nie. Dit was maar ‘n fabel wat van geslag tot geslag oorvertel is. Niemand het nog die ding van naby gesien nie tot nou onlangs”

“Ansie, ek dink Anton het die Wolf geken, ek dink die wolf wat almal van praat is ‘n Weerwolf, ‘n Nagwolf soos die mense wat van die goed weet na hom verwys. Jy weet wat ‘n Weerwolf is nê?”

“Nonsens Jean, waar kom jy aan sulke goed. Dis duiwelse goed daai en bestaan net in storieboeke. Daar kan nooit so iets op Grabouw wees nie en wat sou Anton met die ding gemaak het” së Ansie vinnig en Jean kan sien sy is erg ontsteld.

“A, hiers ons kos” sê Jean en dink dat die kelnerin die situasie gered het deur nou die kos te bring. Sy opmerking was onvanpas en het Ansie ontstel.

Daar heers ‘n ongemaklike stilte tydens hulle ete, so asof nie een van die twee regtig weet wat om verder te sê nie.

“Hoekom dink jy die Wolf is ‘n Weerwolf Jean?” vra Ansie uit die bloute

“Ek probeer maar net agterkom hoekom die ding so half en half snaaks optree Ansie. Dink jy nie ook dis snaaks dat hy jou uitsoek om mee te kommunikeer nie, dink jy nie dis snaaks dat hy nagte om in julle tuin staan, vir jou om te sien nie. Die Nagwolf het met Anton kontak gehad, of altans so dink ek”

Kommunikeer, hoe bedoel jy?”

Jean vertel vir Ansie die mite rondom Nagwolwe, hoe hulle mense is wat rondom volmaan in Wolwe verander, hoe hulle jag maak op mense en diere en hoe hulle soos gewone mense kontak wil maak met ‘n mens, ‘n mens wat hulle probleem sal verstaan. Hy vertel haar van die mite dat Nagwolwe vir eeue lank in ‘n omgewing kan bly, kan verander en weer en weer terugkeer met ‘n volgende geslag Wolwe.

“Wat jy sê Jean, is dat iemand hier in Elgin Vallei ‘n Nagwolf is en dat die Wolf se Pa een was en die se Pa een was. Dis mos totaal onmoontlik, hoe sou hulle hier gekom het, waar bly hulle, wat maak hulle bedags, wie weet van hulle?”

“Stadig nou, dis baie vrae om te antwoord en ek ek nie al die antwoorde nie. Ek raai maar net” antwoord Jean en besef onmiddelik hy moet stadig, Ansie mag dalk net snuf in die neus kry van hom wat self nie heeltemal is wat hy voorgee om te wees nie; “Wil jy nog iets drink, as ek nie nou koffie kry nie dan sterf ek”

“Ja asseblief vir my ook, en dan gaan ons vir Andries hulle soek”

“Vergeet dit Ans, daars geen manier wat ons vanaand berg toe gaan nie”

“Ons sal sien”

*****

Toe Jean die bakkie in die rigting van die volk se woonplek aan die voet van die berg stuur weet hy daars nie baie goed in die lewe wat Ansie du Preez wil hê, wat sy nie kry nie. Hy het sy uiterse bes gedoen om haar te oortuig dat om vanaand, volmaan aand, nie te gaan torring aan die Wolf nie.

Dis ‘n onheilspellende nag, dis volmaan, effe bewolk en ‘n ligte mis hang oor die kruin van die berg. Die stilte in die kar kan mens met ‘n mes sny. Ansie sit opgekrul langs Jean en staar by die venster uit. Hy sit saggies sy hand op haar been en gee dit ‘n drukkie. Sy keer vinnig sy hand toe hy dit wil wegtrek en hou dit styf vas. Asnie kyk na Jean en laat  haar oë stadig sak.

“Eks bang Jean”

“Nou kom ons gaan huistoe, dis laat”

“Nee ek wil weet wat se ding is die wolf, dalk is jy reg dis dalk ‘n Nagwolf”

Jean gee Ansie se hand ‘n drukkie en sy skuif nader aan hom en lê met haar kop teen sy skouer.

**

“My gedorie waar wat maak die Laney nou hier” kom dit van Andries toe Jean en Ansie aan die deur van sy se huis klop.

“Ons wil hê jy moet ons gaan wys waar sien julle daai Wolf Andries” antwoord Jean en stap saam met Ansie, Andries se huis binne.

“Nee my Laney ek sal nooit, ooit vir nonnie Ansie saamvat nie, die sieur pluk so wragtig al my gat velle af as hy hoor ek het julle die berg op gevat”

“Ek wil die Wolf sien Andries en ek sal nie my Pa vertel jy het ons gaan wys nie, ek belowe” kom dit van Ansie terwyl sy saam met Hermien, Andries se vrou, kombuis toe stap om vir hulle koffie te gaan maak

“Poppie, jy moet nie jou Pa kwaad maak en saam die mans berg toe gaan nie, dis nie ‘n plek vir ‘n vrou nie” sê Hermien

“Maar ek wil die Wolf sien Hermien, ek wil weet wat het van Anton geword en of die Wolf betrokke was”

Asof iemand Hermien met ‘n beker yswater gooi laat val sy die beker en trap so halwe tree terug; “Poppie, jy speel nou met vuur. Wie sê Sieur Anton en die Wolf was saam op die berg toe die Sieur dood is?”

“Hoekom skrik jy so Hermien wat weet julle”

“Nee hierdie skepsel weet van niks Poppie, kom ek dink dis laat, julle moet ry, ons sal volgende keer weer koffie drink” antwoord Hermien en stap voorkamer toe.

“Andries, kom Jean en Ansie gaan ry, Ansie se Pa gaan bekommerd raak, ons sal volgende keer weer koffie drink”

Hermien stap voordeur toe en stoot so half en half vir Jean en Ansie by die deur uit. Jean is verslae en probeer nog iets sê toe Ansie hom aan die arm vat en saam met hom bakkie toe loop.

***

“Wat de duiwel het nou hier gebeur Ansie?” vra Jean verbaas toe Andries die deur agter hulle toemaak en hulle in die bakkie sit

“Hermien weet iets van Anton en die Wolf af Jean, sy het snaaks geraak toe ek in die kombuis na Anton en die Wolf  verwys”

“Ansie hierdie Nagwolf is al langer in die kontrei as wat almal wil erken, erens is iets nie pluis nie.”

“Kom ons ry net tot aan die kant van die woonbuurt, ek ken ‘n pad wat halfpad teen die berg opgaan, ons kan vandaar af loop”

“Ons het niks om ons mee te beskerm nie Ans, kom ons los dit liewer. Ons kan môre aan liewer teen die berg opgaan, ek sal Môre met Andries en Sakkie praat.”

“Belowe my ons kan môre aand gaan” vra Ansie en kyk Jean stip aan

“Ek belowe”

“Dan is dit reg so, kom ek gaan maak vir ons koffie by die huis”

************

Word vervolg ………….

Advertisements