Soos almal in blogland reeds weet is die blogger RittelBits op LitNet die sexy een of te wel my gade.

Soms is dit nogals moeilik om die hubby in die huis te wees.  Die sexy een het ‘n blog op LitNet gekryf ‘n dag of twee nadat sy tyding gekry het dat haar boetie verswak en dat sy paraplegie nou sy tol begin eis.

n-briefie-vir-my-dierbare-klein-boet

Die sexy een se moeder is in 2009 met kolon kanker gediagnoseer en is die familie deur hel soos wat die geval in alle families met sulke tyding maar is. Na etlike kuiers in Preroia, chemoterapie en baie bidwerk is die 6 maande sessies verby en het ons almal in spanning gewag vir die finale uitslae en was ons verras met die positiewe gevolge wat die chemo gehad het.

Dis vandag 18 maande nadat die behandeling gestaak is en moes Outlaw moeder gaan vir haar ondersoek.

Ek luister aandagtig na die eenrigting gesprek  en hou die sexy een se gesig dop vir die antwoord toe sy die oproep na moeder maak. Haar gesig gesels, haar oë helder op. Dis duidelik dat die behandeling suksesvol is.

“B my ma is 100% skoon” kom dit opgewonde

Sexy een en outlaw ma gesels nog ‘n oomblik of twee toe kom die onvermydelike vraag

“Hoe gaan met my boetie?”

Sy luister aandagtig en haar gesig en oë vertel nou ‘n ander storie. Haar oë raak vol trane en sy en moeder groet.

‘n Drukkie is gepas en die woorde kom sag; “Kan liewe Jesus hom nie maar vat nie B, hy kry so swaar.”

Lank sit ons en gesels oor die totaal verkillende emosies wat God se raadsplan vir ons inhou, Outlaw moeder word gesond, Outlaw swaer word sieker. My sexy een se hart is verheug oor moeder en hartseer oor boetie.

Dis soms moeilik om ‘n hubby te wees en antwoorde vir jou maatjie te gee oor die raadsplan van God. Dis soms moeilik om in jou vrou se oë blydskap en hartseer in een aand te sien.

Gelukkig is my maatjie, my maatjie, en sal ons soos elke ander aand weer bid vir wat sy raadsplan is.

Die sexy een het ‘n tweestryd tussen twee liefdes ………….

Advertisements