Hoofstuk 4

Ansie trek haar oorgooi truitjie stywer om haar arms as die koel herfsluggie haar geniepsig byt. Sy stap na die tuin bankie in ma Bella se tuintjie wat sy met liefde op die randjie van die plaas werf versorg. Hierdie tuintjie met sy deurmekaar blom beddings, gras paadjies en water stoormpies bied ‘n saligheid aan die du Preez familie. Die lower groen bome met hier en daar ‘n struik wat besig is om homself met die herfskleure in te kleur was nog altyd Ansie ‘n toevlugs oord. Hier kan sy vir ure sit en net die omgewing indrink en haar gedagtes kalmeer. Die huis staan op ‘n effe van ‘n koppie en daar waar Ansie op die bankie onder die Gazebo sit kan sy die oseaan sien. Die berge regs en links van haar ets die horison af en voltooi ‘n uitsig wat haar elke keer na haar asem laat snak. Sy steek stadig ‘n sigaret aan en weet as ma Bella haar nou sien kry sy weer ‘n preek van “dokters rook nie”

Haar gedagtes gaan terug na vanoggend se gesprek oor die Wolf wat die volk in die kontrei  teister. Sy het nog nooit vir haar ouers vertel dat sy al twee keer, so amper 2 jaar terug, in die ding vasgeloop het nie. Sy het haar male sonder tal verbeel, of het sy, dat sy die Wolf op die werf sien rondloop snags maar wou nie nog meer skinner stories begin nie. Elke keer as sy die Wolf op die werf gewaar was die honde baie tjankerig en het hulle vinnig uit die voete gemaak. Wat haar die meeste verbaas is dat nie ma Bella of Pa Henrik al ooits gesê het of net genoem het dat hulle ook die Wolf sien nie.

Ansie sit effe regop toe sy Jean en Sakkie in die rigting van die swaai boom sien stap. Sy is oortuig hulle gesels oor die Wolf. Sy wil meer weet maar niemand praat met haar daaroor nie, hoekom nie, wonder sy, sy vra dalk net nie genoeg uit nie.

Ouma sal weet, dink sy en stap kombuis toe waar sy weet Ouma die tyd van die middag aan die werskaf is.

“Ouma, wat weet jy van die Wolf in die berg?” vra sy toe sy die kombuis instap, die ketel aansit en sommer byvoeg dat tee lekker sal wees.

“Hoe bedoel die nooi nou, die Wolf in die berg?” vra die ou kleurling vrou. Ouma en Ansie het ‘n spesiale verhouding wat begin het net na haar geboorte. Die ou kleurling vrou het haar nog meer oor Ansie ontferm toe haar broer sowat 6 jaar terug in die berg verongeluk het. Vir Ansie is Ouma ‘n tweede ma.

“Kom Ouma, moet jou nou nie staan en dom hou nie, die Wolf waarvan almal so praat”

“Nooi Ansie, daai ding is nie vir ordentlik gebroeide kinders soos jy nie. Los die ding uit, Andries sê hoeka die ding is terug by ons vir ‘n rede”

“Wat se rede Ouma” vra Ansie nuuskierig.

Nee hoe sal Ouma nou wiet, ek wieti” sê die ou vrou en maak dat sy uit die kombuis wegkom

“Ouma jy weet iets!” roep Ansie agterna en sien hoe Ouma omkyk in haar rigting en net nog vinniger stap.

“Hoekom praat niemand met my oor die Wolf nie!” mompel Ansie onderlangs en gooi verergd die koppie tee wat nog staan en trek in die wasbak uit.

  *****

“Naand Ansie, kom julle tafel is reg” groet Gert die bestuurder by die Bistro in Grabouw

“Dankie oom Gert”

Ansie en Jean word deur die eienaar van die statige ou restaurant na ‘n hoekie in die tuin geneem waar hy hulle tafel vir hulle uitwys. Die Bistro is seker die gewildste eetplekkie in Grabouw en Jean wonder onmiddelik hoe Ansie op so kort kennisgewing ‘n plek, en dit nogals een van die gewildste tafels, gekry het. Vra sal hy liewer nie.

Die Bistro is ‘n restaurant wat in Gert se familie vir jare is. Die eg tradisionele europese geregte wat hier voorberei word is meer as gewild by die inwoners van Grabouw. Die sagte ligte in ‘n plant besaaide stoep langs die restaurant  veroorsaak ‘n baie romantiese atmosfeer waar die jong klomp normaalweg eet. Die antieke dekor binne die restaurant is meer gewild onder die ouer garde. Alhoewel die aand luggie fris is, is die tafel aan die kant van die tuin redelik beskut en die lanterntjie op hulle tafel maak die atmosfeer nog meer romanties.

“Jy weet hulle hou my Pa se wyn aan nê Jean” vra Ansie

“Ai Ansie, ek is darem die ander wynmaker op die plaas ek weet” lag Jean terug.

“Ja seker, ek dog net jy gaan dalkies ‘n ander kelder se wyn bestel” spot Ansie terug.

“Natuurlik gaan ek, ek moet so nou en dan ons oposisie uit check” lag hy

“Kan ek vir julle iets bring om te drink” vra ‘n vriendelike jong meisie en Jean en Ansie kyk mekaar vinnig aan en bars uit van die lag

“Ekskuus het ek iets verkeerd gesê” vra die meisie skaam

Jean antwoord haar laggend; “Nee jy het nie, ons het net voor jy kom vra het vir drankies sommer gestry oor wat ons gaan drink. Bring vir ons ‘n bottel Zanderin Merlot”

“Ek dog jy drink nie my Pa se wyn as jy uiteet nie”

“Ek het net op die plaas gekom toe jou Pa die eerste Merlot gebottel het. Dit was my eerste “hand aan wyn slaan” soos hulle sal sê. Ek is nogals nuuskierig oor wat jy van die wyn sal dink”

“Jean, eks die doigter van ‘n wynboer, ek dink het het al wyn begin drink net nadat ek gespeen is” sê Ansie droog: “en as jy vis vir komplimente gaan jy dit nie van my af kry nie, daarvoor like ek my Pa te veel”

“Ek gaan ook moelik wen ne?” lag Jean

Die kelnerin bring vir hulle, hulle wyn en Jean vra haar om hulle nog so rukkie te gee om te besluit wat hulle wil eet.

“Hoe gaan dit met die studies Ansie” vra Jean beleefd

“Ag OK, ek is die jaar bietjie van balans af, maar dis seker maar omdat ek en Arno onlangs uitgemaak het, ons was al van skool af gekys”

“Wat het gebeur?” vra Jean

“Ag ek dink ek het hom meer as ‘n vriend as my kêrel gesien en hy wou ernstig raak, verloof raak en al daai goed en ek wou nie, so to fights ons amper daagliks en dit het maar sy tol ge-eis”

“Jammer om te hoor Ansie, dalk maak julle eendag op” lieg Jean en hy kan amper voel Ansie kan sien hy is eintlik baie tevrede dat hulle uit gemaak het.

“Nee ek dink nie so nie, maar kom ons los nou my en Arno uit, het jy ‘n girl?”

“Nee, ek het nie, soek nog” lag Jean

“Jean, wat weet jy van die Wolf in die berg” vra Ansie skielik

“Magtig Ans, waar kom jy nou aan so vraag?”

“Ek wil maar net weet, niemand praat regtig met my oor die ding nie en ek weet die volk het met jou vanmiddag gesels oor die ding, wat wou hulle hê?”

“Hulle wou die ding vir my gaan wys vanaand” antwoord Jean

“Gaan ons kyk?”

“Wat, jy speel seker ek gaan nie na wolwe in die berge soek nie, nee dankie”

“Ek het hom al baie gesien”

“Ag nonsens Ansie jy speel seker, en waar nogal?” vra Jean

“Twee keer van naby en ‘n paar keer op die plaas” antwoord Ansie en loer vinnig na Jean se reaksie oor die rand van haar wynglas.

“Van naby, verduidelik”

“Ek het een aand, seker so amper 2 jaar terug laat van die koshuis af plaas toe gery. Toe ek die hoofpad verlaat en teen die berg opry het daar iets voor my oor die pad gehardloop. Ek het rem aangeslaan en gestop. Die Wolf het stadig uit die bosse langs die pad gestap tot voor my kar en in die ligte vir my gestaan en kyk so asof hy iets wou sê”

“Jy grap!” sê Jean en dink onmiddelik aan die gewoontes van Nagwolwe, wat Ansie hier beskryf is die gewoontes van ‘n Nagwolf. As hulle jou aandag wil hê vra hulle daarvoor.

Nee man ek grap nie dis regtig so, dit het weer so rukkie later gebeur maar die laaste keer was half snaaks, so entjie van die grootpad af het hy daar in die plaas pad gestaan met sy kop half omlaag, so asog hy vir my gewag het”

“En toe?”

“Ek het gestop en so oomblik of twee gewag tot hy amper tot langs die kar gestap het en in die bosse ingeloop het. Ek was lam geskok en het nog so rukkie daar gesit. Ek het hom weer langs die pad sien staan ‘n paar minute later net voor ek deur die hekke van die werf gery het, so asof hy geweet het waarheen is ek oppad” vertel Ansie

“Het jy jou Pa vertel?

“Is jy mal, hy sou die hele kontrei op horings gehad het en dan het hulle na ding gaan soek en netnou kry iemand seer. Die wolf was uitermatig groot maar het als behalwe skadelik gelyk.” antwoord sy; “my broer het toe hy nog geleef het dieselfde tipe ondervinding gehad en ek weet hy was op soek na die Wolf die aand toe dood is”

“Ek het gehoor jou broer het in die berg verongeluk Ansie, maar hoekom dink jy hy is agter die Wolf aan?” vra en Jean wink die kelnerin nader om hulle bestelling te kom neem. Hy wil meer weet wat daar gebeur het maar wil ook Ansie se aandag bietjie aflei. Die trane sit vlak in haar oë en hy kan sien sy is duidelik ontsteld.” Kom ons bestel kos dan vertel jy my verder”

“Ok”

 Word vervolg: ………….

Advertisements