Hoofstuk 3

Jean stap deur die kelder tot by die trosts van oom Hendrik, sy 1969 oes Cabernet Sauvignon. Die wyn is nou net oor die 6 jaar in die vate en oom Hendrik wil dit nog so ander half jaar laar “rus”. Die 1969 oes was seker een van die bestes wat die Elgin Vallei nog opgelwer het. op Zanderin het hulle besluit om die oes in 3 te deel, een deel is in 1971 gebottel die ander in 1973 en die laaste oes sal in 1976 gebottel word.

Hy maak een van die proe vate oop en tap ‘n proesel uit. Die geur en aroma van die Franse eik begin nou ernstig die wyn se smaak beinvloed. Dis ‘n jammerte oom Henrik se vate is nog jonk anders het die wyn lankal reeds volwassenheid bereik. Hy weet dat die ’75 oes sal net so goed wees en wens hy weet hoe hy oom Hendrik gaan help om vate wat ouers as 20 jaar is in die hande te kry. In sy geboorte doper Bordeaux by die vatmaker Tonnellerie Morlier sal hy kan kry, maar hoe verduidelik hy dit. Oom Hendrik hulle weet nie eers hy het bande met Frankryk nie.

“Wat droom jy so Jean” hoor hy Ansie se stem agter hom

“Die wyn raak by die dag beter Ans, ek droom nie ek werk” lag Jean toe hy Ansie antwoord.

“Gaan jy nog saam my Kaap toe ry?”

“Vra jy my?” antwoord Jean en kry half lekker as hy sien Ansie is half ongemaklik.

“Asseblief man, my Pa sê ons kan sommer sy bakkie vat, daars nie baie goed wat ek nog moet kry nie maar dis net te veel vir my kar se boot”

“Nou kom ons ry, ek maak net gou die vat toe”             

*****

Die pad Kaap toe is net net te kort en Jean is half geirreteerd toe hulle voor die koshuis stop. Ansie het non stop gepraat en Jean kon net hier en daar ‘n woord inkry. Dat Ansie opgewonde is om in haar eie plekkie in te trek het duidelik in haar gebabbel uitgekom.

Jean lag amper hardop toe hy beveel word om in die portaal te bly staan vir 5 minute nadat die eerstejaartjie luidkeels oor die interkom aangekondig het; “Dames, aandag Dames, daars ‘n man in die koshuis”

“Kom Jean dis nou veilig ons kan my goed gaan haal” lag Ansie toe sy hom aan die hand vat en teen die trappe oplei

“Wat het nou net hier gebeur Ans, hoekom moes ons wag”? vra hy verwonderd

“Het jy nooit ‘n girl in ‘n koshuis gehad nie Jean?” vra Ansie

“Natuurlik het ek, maar ek het nie geweet dit is so ‘n mission om saam met jou na jou kamer toe te loop nie”

“Mans word mos nie in koshuis kamers toegelaat nie en ….”

“Ek weet dit man, maar die hele aankondiging en als, jy het mos toestemming dat ek jou mag help dra” val Jean haar in die rede

“Presies, dink jy die dames loop opgetof in die koshuis rond, ons moet hulle waarsku as ‘n man in die gange rondwaal” lag Ansie

“Kom ons kry jou goed ek voel soos ‘n pervert” sê Jean en tel ‘n boks op

Terug op die plaas help Jean vir Ansie om die laasste bokse in die stoor te pak toe sy onverwags vra:

“Kan ek jou vanaand vir ete stiek?”

“Date jy my?”

“Ag loop vrek man, ek wil net dankie sê vir die hulp, maar kom ons los dit” sê Ansie half verergd

“Sjoe maar jy is darem gou op jou perdjie, bedaar! Ete sal lekker wees ek was lanklaas bietjie uit”

“Sewe uur?

“Reg met my Ans, sien uit daarna” sê Jean en stap in die rigting van die kelder.

*****

Jean raak gou verdiep in sy werk en besef hy sal die formule vir die Cabernet / Merlot blend moet uitwerk as hy oom Hendrik wil beindruk. Die Merlot druiwe is byna almal geoes en die pars werk al vir amper ‘n week aan die Cabernet druiwe. As hy die blend regkry sal oom Hendrik hom verseker aanstel as die wynmaker op sy plaas.

Vinnig dwaal sy gedagtes na Ansie as hy dink dat sy nog twee jaar oor het voordat sy ‘n mediese dokter is en hy nog 18 maande oor het van sy 3 jaar internskap. As hy aangestel word sal hy haar meer as gereeld sien en kan daar dalk iets tussen hulle ontwikkel.

Jean ruk effens soos hy skrik toe Sakkie in die deur van sy kantoor inloer en sê; “My kroon, Andries roep jou?”

 “Iets fout Sakkie?”

“Nee my kroon, ons wil sommer bietjie met jou konvedereer, almal van ons” antwoord Sakkie en stap voor Jean uit na waar Andries en ‘n paar werkers onder ‘n boom buite die kelder wag.

“Wats fout Andries?”

“Niks nie my Lanie ons wil met jou gesles oor die Wolf in die berg”

“Kom nou Andries ons weet mos almal dis net stories” antwoord Jean maar is tog nuuskierig om te hoor wat Andries hulle te sê het.”en hou op om my, my Lanie te noem, noem my Jean”

“My Lanie het seker nou nie gedink nie, die Sieur sal ons velle aftrek as ons jou op jou naam noem, jy is mos die new winemaker op die landgoed, so respekte is nodig”

“Kom nou Andries, wats die storie ek is besig”

“Nou luister my Kroon, die Wolf gaan vanaand weer ons huise kom terg, hy is terug op  onse berg en as ons nie iets doen nie gaan hy ‘n klonkie vang en wat maak ons dan” sê Sakkie vinnig

“Wat moet ek maak?” vra Jean

“Kom saam vanaand, ons sal jou die Wolf gaan wys” sê Andries; “As jy die wolf sien sal die polisie en die Sieur on glo”

“Jy grap seker Andries ek gaan nie in die berg rondloop op soek na ‘n wilde hond nie, ek is in elke geval nie vanaand hier nie” antwoord Jean en begin in die rigitng van die huis stap

Hy verbeel hom dalk maar Bennie het iest gemompel, hy stop en vra; “Wat sê jy Bennie?”

“Hy sê maar net die Lanie moet die aand geniet” antwoord Andries en hy en die werkers groet.

*****

Jean voel die ongemak in hom opstoot, hy is meer as seker die Wolf wat almal van praat is ‘n Nagwolf. As Dhampir is hy nie eintlik mal oor Nagwolwe nie en wil nie hê die volk moet hom uitvang nie. Hy is al amper 20 jaar in Suid Afrika en kon tot nou sy ware identiteit wegsteek en het dalk sy lewensmaat hier in die vallei ontmoet. Dis gevaarlik vir ‘n Dhamphir om verlief te raak dit weet hy maar snaaks hy kan dit die keer nie verhelp nie. Hy is agter sy ore toe verlief op die langbeen voskop dogter van oom Henrik en tant Bella.

Jean staan lank onder die stort en wonder wat die aand saam met Ansie gaan oplewer. Sy gedagtes maal rond en hy verspeel amper sy tyd met die stort en regmaak vir die ete.

“Ek dog jy kom nie meer nie” sê-lag Ansie toe Jean die here huis instap.

“Sorry eks laat maar die volk wou my sien” vra Jean omverskoning

“Kom ons ry, eks honger” kom dit van Ansie terwyl sy die huis uitstap.

“Totsiens oom, tannie” groet Jean en volg Ansie na buite

Word vervolg …..

Advertisements