My Sjef seun kuier biki by ons terwyl hy ‘n kombuis, hier in ons dorpie, kom regruk vir die plekkie vir wie hy eersdaags gaan werk.

Ek het Woensdag aand een van my en El se gewildste disse aan mekaar geslaan, wat ek Penne Arrabiata noem. Gou is daar opgemerk my Arrabiata sous moet nie die volgende inhê nie:

  • Ginger,
  • Vleis, en wat de duiwel is
  • Peppadew Parmasan kaas?

Nou vir ‘n Amateur Sjef is daar mos nie voorgeskrewe reels oor wat kom in opreg geteelde disse nie. Ons maak mos die respete van ordentlike sjefs bymekaar en tweet hulle so biki om by ons te pas.

Ek maak die Arrabiata sous soos enige ander gewilde Arrabiata sous met Chillies, Bazil en al daai ander lekker goed, maar ek gooi ok biki vars gekapte ginger in net vir die pret.

Ek het ‘n gevoel dat mens mos nie enige kos kan eet sonder ‘n ou stukkie vleis nie, so ek voeg pangebraaide vleis by en simmer dit so wyle in my sousie.

Humansdorp in die Oos Kaap is gewild vir sy melk en kase wat in die omgewing gebou en gebrou word. Daar ‘n omie in die omgewing wat tuis sy eie Parmasan kase maak. Ons lief sy Peppadew Parmasan kaas en gebruik dit in van ons pasta geregte.

Toe ek die foto neem het ek my min gesteur aan die “presentation” kommentaar van Sjef seun. Ek speel met kos, hy werk met kos, daars ‘n hengse verskil, maar ek gaan aan my “presentation” vir die fototjies wek 😉

Ek het darem die opmerking: “Dis dam lekker Dad” geniet

B

Advertisements