Dis nou al amper 7 jaar wat ek Sjef speel in die huis. My liefde vir kosmaak het begin toe die sexy een vir my ‘n Japanese kookboek gekoop het weens my liefde vir Sushi. Dit het gekom min of meer die tyd toe ‘n dokter vir my vertel het die “emmer skop” deel is naby as ek nie iets kan kry om my te laat afskakel na werk nie.

Een van die eerste goed wat ek opgemerk het hier op WordPress is die totale oorgawe van bloggers met hulle resepte en kook stories. Gou het ek ‘n gros blogs gevolg wat handel oor kosmaak. My eerste mede blogger wat bereid is om haar respete te deel was Tandy waar ek ‘n biki geperv het en via ander bloggers afgekom het op cityhappyfarmgirl se Sweet Chilly sous.

Plaas Nig en Plaas Neef boer net buite Grootbrak rivier teen die hange van die Kammaberge en boer onder andere met Chillies. Ek het laas naweek chillies huistoe gebring maar dit was als groenes. Drie weke terug se rooi chillies is al half en half uitgedroog en ek gebruik hulle toe sommer. Nou ja ‘n amateur Sjef dink nie daaraan dat 100g half droog Chillies ligter weeg as 100g vars Chillies nie.

Sweet Chillie Sous

Dis die heerlikste Sweet Chillie sous maar met ‘n moerse skop!

Hier is ‘n foto van Chillies wat ek ingelê het laas naweek met Pepadews en garlik net omdat ek bored was

Dit moet nog ‘n rukkie staan maar gaan verseker gebruik word vir warm kos soos Penne Arabiata

Ek sal van tyd tot tyd biki blog oor my mannewalis in die kombuis en vir die 5 ster dames Sjefs wys wat vang ‘n amateur Sjef als aan in die kombuis.

Groetnis

Advertisements