Hoofstuk 1

“Jy weet jy moet terug Frankryk toe Jean?” vra tannie Mari as sy Jean aan die skouer ‘n drukkie gee waar hy op die stoep van hulle huis in Constantia Gardens sit.

“Ek weet Tannie, ek weet” antwoord Jean en staan stadig op, die gebeure van die laaste 18 maande flits deur sy gedagtes. Hy het nou waarlik nie gedink dat sy lewe so vinnig gaan verander nie.

“Die mense hier gaan nie verstaan nie Jean, jy sal moet weggaan anders gaan daar net te veel vrae gevra word” sê oom Alain.

Jean gee Tannie Mari ‘n drukkie, kyk op na die berg en vra; “Sal julle saam met my gaan?”

*****

Jean Smit stap van sy woonstel af na die wyn kelder en ril toe die koue herfs luggie in sy blaaie waai. Dit kan darem maar vrek koud word hier op die plaas dink Jean.

Jean is nou in sy voor laaste jaar van sy internskap by oom Hendrik Swart die eienaar van Zanderin landgoed. Zanderin Wyn Landgoed lê in die Elgin Vallei, net buite en om Grabouw. Oom Hendrik se plaas is op ‘n plato met ‘n uitsig oor die Atlantiese Oseaan en word omring deur die Kogelberg Natuur Reservaat. Die druiwe op die landgoed is soos goud aangesien hulle twee maande later as die res van die kaap se druiwe reg is vir pluk. Oom Hendrik het baie gou vir homself naam gemaak as ‘n vooraanstaande Wynmaker.

Hy kon seer sekerlik nie vir beter mense gevra het om voor te werk  as oom Hendrik en tannie Bella du Preez nie. Hulle behandel hom nie soos ‘n werknemer nie en gaan uit hulle pad uit om die lewe vir hom aangenaam te maak op die plaas. Nie dat oom Hendrik nie sy 2 pond vleis verwag elke dag nie, maar hy kon soos van sy vriende se base baie erger gewees het.

Wat dit nog meer lekker maak is die gedagte aan Ansie, die voskop dogter van die du Praaz. Ansie swot medies op UCT en hulle kry darem so af en toe kans om bietjie te gesels as Ansie party naweke huistoe kom om te kom kuier. Jean weet sy en haar vriend is haaks en as hy sy kaarte reg speel kan hulle dalkies net meer as vriende word.

“Wat stap jy so en droom jongman” hoor Jean die growwe stem van oom Hendrik toe hy agter hom praat.

“Ag nee oom man, kyk noe hoe skrik ek” lag Jean en groet die groot geboude wyn boer.

“Het jy gehoor wat sê Andries vanoggend?” vra oom Hendrik

“Nee oom ek het net gehoor hy soek oom, iets verkeerd?” vra Jean

“Ja jong dis weer daai Wolf wat laas nag naby die volk se huise getjank het. Dit was mos weer gisteraand volmaan jong.” antwoord oom Hendrik

“Wats die storie met die Wolf oom ek hoor gereeld stories maar niemand wil my regtig vertel nie? Vra Jean

“Kom ons sit gou vir Andries en die span aan die werk dan vertel ek jou oor ontbyt” antwoord oom Hendrik

Jean stap saam met oom Hendrik kelder toe en wonder of dit Ansie se kar was wat hy gisteraand gehoor inkom het. Dis nou wel Vrydag maar dalk het sy nie vandag klas nie.

Word vervolg ……

Advertisements