Dis my eerste pos op WordPress en ek moet bieg ek is nog so deurmekaar soos dinges in ‘n tuimeldroër.

Eks nogals lui so ek lees nie graag instruksies nie. Ek dink nie regtig lui is die regte woord vir my “siekte” nie ek dink dit moes seker so geklink het; “ek is nogals ongeduldig” , daarsy dit klink beter.

Om van Litnet na WordPress te migreer sal sekerlik die regte opsie wees, maar wat wil ek eintlik maak in ‘n Blog Wêreld vol vreemde mense? Ek blog nou maar van Desember verlede jaar af en het op Litnet goeie vriende gemaak. Sal dit die geval wees op WordPress?

Gaan ek op Litnet ophou blog? Ek weet nie, ek dink om te blog is om maar ‘n lot nonsens kwyt te raak en dam eks goed daarmee ..lol

So hier is die eerste poging en oh magtig ek hoop nie die ding ontplof in my gesig nie 😉

B

Advertisements