Biscuits is ‘n naam wat ek in die “ou” Graad 1 by ‘n pal gekry het wat nie my naam kon uitspreek nie. Hy het vir die dood gebrei en het sy “s” so snaaks gesê. Nou ek het ‘n “R’ in my naam en hy eindig op ‘n “S”

In matriek toe die hoof al die Matriek leerlinge in die saal, voor die hele skool, verhoog toe roep om van ons afskeid te neem, roep hy my volle geboorte naampies uit en maak die opmerking wie die leerling is. Met my opstaan en vorentoe stap uiter hy baie benoud; “My magtig Biscuits, ek het nie geweet dis jou naam nie”

Ek het drie seuns en my mideel man is my naam genoot. Groot was my verbasing toe ek hom eendag skooltoe vat en ‘n klein snotneus outjie uitroep; “Hi Biscuits” … daarna uitgevind die naam het nie vanself gekom nie, hy het dit half geinisieer. Hy’s 24 en sy maters noem nog steeds Biscuits.

My oudste is ‘n Sjef en die baba word liefdevol die Baba Kroegman genoem want sien hulle Pa, dis nou Biscuits Snr. glo dat hy koop ‘n kar, gooi 2 tanks petrol in en betaal die studies. Die drink en girl geld is vir hulle eie rekening. Hy is tans die 3rde geslag kroegmanne in die Familie Vuil, dis nou ons, se geskeidenis.

Eks getroud met die “sexy een”, ek noem haar dit liefdevol en ook omdat ek dalk biki bang is om haar iets anders te noem. Na 3 manne is sy nog dam sexy en is sy die trots van my lewe. Ons is grootste pelle of soos ons pelle altyd opmerk soos “battery en torts” waar ek gaan gaan sy en wederkeurig.

Ons laaik braai kwaai maar die Rooiwyn is eintlik die oorsaak vir die braai. Die Boesman TV, dis nou die vuur, is die oorsaak vir bottels en bottels rooi sappige koeldrank wat in die Familie Vuil se huishouding gedrink word. Sien, saam ‘n Boesman TV kan mens kuier maar as die TV die oordenking haal dan werk mens om die vleis gaar te kry.

Ek tik soos ek praat en haat al die regte opregte Afrikaanse woordjies wat nie daagliks gebruik word nie. Ek sal maklik ‘n vloekwoordjie of drie neer griffel veral as ek die draak steek met iets. Ek spel soos ‘n graad nulletjie!

Die lewe is ‘n lied en ek is ‘n nogals uitgesproke Christen wat lekker rook en drink en vloek en, en .. so eks gin heilig nie. Ek het in my lewe ruimte vir enige denke en het nog nooit iemand oor sy Godsdiens , Politiek of Rugby siening veroordeel nie, en raak nie heftig daaroor nie. Elke mens het sy plekkie in die son, daarvoor het God gesorg. Ek dink hy het ok die Blou Bulle gemaak om my tevrede te stel.

Nou ja toe, dis nou Biscuits en as ek jou laaik dan laaik ek jou en as jy my irriteer dan laaik ek jou ok!

Tot weersiens

B

Advertisements