Jean Bouvier – Dagloper – Hoofstuk 10

female-vampire-art-diabolousAimée vat ‘n slukkie van haar wyn, haal ‘n sigaret uit haar pakkie en steek dit aan. Sy sak terug in haar stoel en laat haar kop op die leuning rus, stadig blaas sy die rook die lug in en sug saggies. Sy het al so baie stories oor die vampiere van Bordoux gehoor, die ou mense in die kontrei, veral in die naby geleë Vayres op die oewer van die La Dordogne rivier waar haar Pa ‘n naweek huis het.

Aimée se gedagtes gaan terug na die ou huishoudster Frances. Frances het male sonder, tal as Aimée by haar in die kombuis sit, as sy kosmaak, haar aangestaar en net haar kop geskud en sag geprewel; “As jy maar net weet my kind, as jy maar net weet”.

“Tante, ek het so baie die fabels van vampiere en daglopers en al daai twak gehoor, nie dat ek ‘n word daarvan glo nie, maar Tante wil tog seker nie regtig hê ek moet dié storie glo nie. As my ma ‘n vampier is of was dan moet ek ook mos een wees of is dit nie oorerflik nie? En waar is die kamtige Markies Lefebvre nou. Leef hy nog hier in Bordoux, het hy ook kinders en waar is my oupa dan nou?

Het my Pa geweet hy trou met ‘n Vampier?”

“Aimée, kind stadig nou, een vraag op ‘n keer, kom ek ….

“OH NEE TANTE!, als, ek wil nou als hoor” val Aimée tante Gabriël verergd in die rede

“Kom ons gesels oor ons vakansie. As ons daar is het ons baie tyd, jy kan dan al die vrae vra wat jy wil, ek sal antwoord soos ek die storie by jou ma gehoor het”

“Tante, ek gaan nêrens heen voor ek nie weet wat op my wag nie, so of Tante antwoord my vrae nou of ek gaan huistoe en ons gaan nie met vakansie nie” sê Aimée verergd, vat nog ‘n sluk wyn en kyk Tante Gabriël in afwagting aan.

Aimée sien hoe Tante Gabriël half ongemaklik rond skuif en versterk net haar blik. “Goed my kind jy sal maar weer moet vra, jy het so vining gepraat ek kan nie als onthou wat jy gevra het nie”

“Kom nou Tante, asseblief”

 *****

 Die plaashuis is donker met net hier en daar die kelder en stoepligte wat brand toe Ansie by die erf inry. As iemand haar sou sien stop en uit die bakkie klim sou hulle dadelik haar woede in haar lyftaal kon sien. Sy klap die bakkie se deur toe en storm in die rigting van die huis.

“Wat lyk jy so omgekrap Ansie?” hoor sy haar Pa van die stoep af sê

“Hoe laat Pa my nou skrik, wat maak Pa so laat op en hoekom sit jy so in die donker alleen?” stotter ‘n erg verleë Ansie.

“Kon nie slaap nie” mompel Hendrik. “Waar kom jy nou so omgekrap vandaan Ansie, kyk die tyd”

“Ag Pa ek en Jean het net so effe woorde gehad, niks erg nie, nag Pa” sê Ansie vinnig en glip die huis in. Dit sal lol as haar Pa begin vrae vra oor haar en Jean se “woorde”.

 ******

 “Waar is Jean vanoggend?” vra tannie Bella vir Ansie toe sy die kombuis binnekom.

“Hoe sal ek nou weet Ma” antwoord Ansie vinnig, tel die koffie pot op en skink vir haar koffie.

“Ek dog julle is gisteraand saam hier weg Ansie, ek het jou hoor inkom maar nie vir Jean nie, sy buitekamer was die heel nag donker”

“Spioneer ma nou op my?” sê-lag Ansie, gee haar ma ‘n drukkie en stap vinnig die kombuis uit.

“Waar gaan jy Ansie, die kos is amper reg”

“Eks nie honger nie Ma!” roep Ansie oor haar skouer.

 ******

Ansie raak vir ‘n oomblik yskoud as sy in die rigting van Jean se buitekamer stap. “Ek hoop nie die bleddie Wolf het jou ook gevang nie Smit” sê sy hardop vir haar self.

“Môre nooi Ansie” groet Andries

“Môre Andries het jy vir Jean gesien?”

“Nee Ansie, ek het sy bakkie vanoggend daar onder by die plaashek sien staan, daar by die onderste boord, SE2”

“Wat sal hy daar maak?” vra Ansie vinnig

“Nou hoe sal Andries nou weet nooi, ek vra mos die appy wat hy soggens in die boorde maak nie” terg lag Andries en stap die kelder binne.

Ansie is half verbouereerd as sy in die plaas bakkie spring en in die rigting van SE2 ry.

“JEAN , JEAN!” roep Ansie die boord in as sy langs Jean se bakkie staan. Die sleutels is nog in die aansitter, dis nie hoe Jean die bakkie sou los nie, dis te naby aan die plaashek. Weer roep sy hierdie keer effe harder en baie benoud “JEEAAANN, JEAAAANNN, WAARS JY?”

Sy loop die boord in en prober kyk of sy hom nie dalk êrens sien staan nie, Na ‘n paar minute se soek en roep besef Ansie Jean is nie hier nie, ‘n koue rilling gaan teen haar ruggraat af, iets is hier fout, iets is hier groot fout.

“Ansie du Preez, nou moet jy kophou … gaan roep jou Pa .. of nee gaan haal vir Andries hy sal help soek” praat sy in haar gedagtes met haarself.

Waar de hel is jy Smit?” sê sy hardop en kies koers met die bakkie kelder toe.

*********************************

Word vervolg ………………..

 

 

Advertisements

Jean Bouvier – Dagloper – Die verhaal tot nou

were1Ek tjorrel met Nagwolwe en Vampires vir jare .. dalk het ek iets om te vertel dalk nie, dalk bestaan dit dalk nie!

Jena Bouvier – Dagloper is ‘n tweede verhaal wat ek hier op my blog plaas of te wel waarmee ek speel, ou uitgetrapte stories veral na Vampire Diaries en die Twilight sage … kom ons speel verder!

*********

Om ‘n verhaal na 2 jaar te vervat en te kyk of jy die lesertal kan terug wen moet ek gedwonge die verhaal tot op hede opsom en die “Who is Who in What Zoo” herhaal

Jean Smit , ‘n Damphir of the wel ‘n Dagloper Vampier doen sy internskap as wynmaker by oom Hendrik du Preez en sy vrou Tannie Bella op hulle wynplaas Zanderin in die Elgin vallei.

Jean het ‘n swak plekkie vir Ansie hulle voskop dogter wat meer van die Nagwolf weet as wat sy te kenne gee. ‘n Nagwolf teister die kontrei al geruime tyd, niemand is gewillig om ‘n opinie te gee of te erken dat hulle bang vir die wolf is nie.

Ansie het iets wat die Wolf trek, is dit haar broer Anton wat dood is toe hy die Wolf gaan soek het of is dit iets anders.

Andries, die voorman op die plaas het nare ondervindings met die Wolf, Ouma of te wel Hermien weet van Anton en die Wolf, wat weet sy?

Jan Nienaber en sy swaer Wynand en oom Hendrik is haaks oor die Wolf, wie is klein Jan, die beste pal van Anton. Wie is Andre?

Die Wolf steel ‘n kind, Jean kry die kind terug .. hy soek die Wolf …

In Bordoux is daar Aimèe Betrand, ‘n Damphir wat amper 21 is, sy weet dit nog nie maar tante Gabriël is aangesê om haar te vertel.

Twee famielie in ‘n vete, twee Damphirs, ‘n Nagwolf, ‘n voskop nooi .. is dit ‘n riller of ‘n roman ..is dit ‘n storie?

Besluit self

Word Vervolg ……

Ons bly in Kaapstad …

Ai ek dag toe ek wonder wanner laas was ek op Dartelstappies ….

Ek en El gesels oor my simpel storietjies wat ek geskryf het … ek kan nie Dartelstappies se password onthou nie ..ek kan nie Biscuits se mail password onthou nie en nou ja…hier is ek …

Sept 2012 .. Hoofstuk 9 – Dagloper … hie hie …

Ons bly in Kaapstad .. ons 2 jaar in Knysna van Mei 2012 tot Sept 2014 is verlede tyd.

Hoekom is ons hier …kort storie ..ons wou nog altyd in die Kaap bly, nou is ons slam bam binne in die Wynlande … ons is mos wyn alkoliste onthou.

Biscuits het ‘n regte naam … en Facebook bladsy vertel ‘n verhaal beter as wat ek dit ooit hier sou kon doen.

Ek is terug … dis Desember en  ek wil Dagloper klaar skryf MAAR net nie op die dam tablet nie ..

Chat later …

Biscuits

Jean Bouvier – Dagloper Hoofstuk 9

Hoofstuk 9

Waar Andre tussen die bome staan en staar na die toneel wat voor hom afspeel, Jean en Ansie gesels intens, hy sien hoe sy haar uit sy greep losruk en in haar bakkie spring en wegry. Dinge gaan lol met Jean in die omgewing, hy krap waar dit nie jeuk nie. Hy het vanoggend gesien hoe vinnig hy op die bloedspoor van die Wolf gekom het. Hoe is dit moontlik. Wie en wat is Smit, hy kon tog nie ook ‘n Weerwolf wees nie, sy Wolf sou hom gesê het, sy wolf wat almal wil weghê. Hy sal sy Wolf beskerm al kos dit ook wat.

***

“Gesondheid” sê Aimée toe sy met tante Gabriël ‘n glasie klink.

“Gesondheid en voorspoed” antwoord tante Gabriël en vat ‘n teug aan haar wyn.

“Hoekom wou tante my so dringend sien, hoekom moet ek weggaan vir my 21ste verjaardag?” vra Aimée vinnig terwyl sy terugleun in haar stoel en  verwagtend na tante Gabriël kyk.

Tante Gabriel sit vir ‘n oomblik stil en kyk na die pragtige Aimée wat met haar lang bene voor haar uitgestrek sit en verwagtend na haar staar.  “Waar begin ek Aimée?”

“By die begin tante, ek wil nie net ‘n simpel rede hoor van dis goed vir jou my kind nie, ek wil als weet”

“Goed, kom ek begin by die begin, in die  16de eeu was daar twee families in die Bordeaux omgewing wat oor die jare ‘n familie vete begin het, die oor en weer bakleiery was so erg dat sluipmoord aan die orde van die dag was. Die familie Lefebvre van Bordeux en die familie Fonteneau van Lyon. Aan die hoof van beide families was ‘n Markies.  Die storie wat die rondte doen is dat Marqui Lefebvre in die laat 17de eeu so ver gegaan het om hom onsterfbaar te maak deur ‘n vampier van Parys te kry om hom in vampier te verander. Marqui Lefebvre sou volgens oorleweng Marqui Fontenau vermoor het maar nie voordat die Marqui ‘n seun weggesteek het en ook volgens oorlewing ‘n vampier was nie. Sy seun was dus ook ‘n Damphir.  Marqui …. ”

“Askies dat ek tante in die rede val maar waar pas ek nou in ‘n fabel in wat deur oorlewing oorvertel word?”

“Geduld Aimée kind, kom ek vertel verder. Marqui Fontanau se seun, ‘n Damphir of soos hulle dit noem, ‘n dagloper het vir ‘n paar jaar weggeraak en Lefebvre was gelukkig dat hy nou oor albei families regeer. Die Fontanau familie was nou arbeiders en is deur Lefebvre ontvoer om as slawe op sy plase te werk. Die Marqui Lefebvre is deur die gemeendskap verwilder en is vir jare nie gesien nie. In die middel 18de eeu is daar ‘n jong man opgemerk in Lyon wat volgens oorleweing die tweeling van ou Marqui Fontanau kon wees. Die ou mense het hom dadelik herken en is hy gou as die Damphir Fontanau aangeneem. Hy is getroud met ‘n niggie van hom en hulle het ‘n dogter gehad Sylvia Fontanau”

“TANTE! Dis my ma se naam” sê Aimée onsteld en sit regop. “Was dit haar ma?  is my ma die kind van ‘n vampie?, kom tante dis nie moontlik nie dis net stories”

“Sylvia is jou ma my kind”

Aimée plof terug in haar haar stoel en sluk met ‘n paar groot slukke haar wyn af. “Ek kort wyn, KELNER!”

Tante Gabriel sit en kyk waar Aimée verward voor haar uitstaar, haar gelaat is bleek, sy kan sien die kind is uit die veld geslaan. “Wag tot sy tot verhaal kom Gabriel” dink sy, en sit terug in haar stoel en vat ‘n slukkie wyn.

“Jou wyn juffrou Bertrand”

“Dankie, tante ek moet iets kry om te eet, hierdie is seker die snaakste storie wat ek in my lewe gehoor het, my ma ‘n Vampier ags asseblief tante, jy wil tog nie regtig hê ek moet dit glo nie”

******

Jean stap stadig terug in die rigting van die berg. Die naggeluide is so rustig, die dorpie aan die slaap maar tog kan hy aanvoel dat iets hier skuil in die donker. Die maan sit hoog en die omgewing is helder verlig. Verbeel hy hom of is daar ‘n beweging so halfpad teen die kronkelpaadjie op. ‘n Koue rilling gaan teen sy rug af. Hy is van kleins af voorberei  vir die dag wat hy in ‘n Dagloper gaan verander, sy 21ste verjaarsdag was vir hom ‘n veraassing, iets wat hy nie graag weer wil beleef nie. Die vreemdste dag in sy lewe, maar wat hy nou tegemoet gaan kan dalk meer vreemd wees, Skielik is Jean bang.

Aandie voet van die berg gaan hy vir ‘n oomblik staan en kyk na die paadjie wat voor hom die berg oploop. Half buite sig van normale sig van mense wat net aan die voet van die berg wandel, vir hom wat al hier was lê die paadjie soos ‘n snelweg op ‘n padkaart voor hom uit. Hy begin stadig deur die eerste ruigtes stap en begin teen die effe steil paadjie die berg opstap. Dis net na middernag.

‘n Geritsel so 100 meter voor hom laat hom verstyl, hoekom ruik hy niks, hoekom sien hy niks, daars tog iets, dalk ‘n muis. Hy stap verder en kom in die oopte waar hy Santjie gekry het. Als lyk net soos hy dit vanoogend laas gesien het. Hy stap ‘n rukkie in die oopte rond op soek iets wat hom meer van die Wolf kan vertel.  Jean hurk by die plek waar hy Santjie gekry het opgerol in haar kombers gekry het. Stukke van die kombers lê nog rond. Uit die hoek van sy oog sien hy ‘n opening tiussen die bosse en stap vinnig daarheen.

Jean kom so twintig tree verder in nog ‘n oopte af. Dit lyk kompleet of iemand die stukke aarde oopgekap het, die bosse vorm ‘n dak bokant die oopte van sowat vier vierkante meter. Hier kry Jean ‘n uitgebrande vuur, ‘n kombers weggesteek onder bosse en ‘n paar stuks hout, reggepak om ‘n vuur te kan maak. Hy sien skoenspore in die sagte grond aan die kant van die oopte. “Groot man” dink hy.

Daars dit weer, die kraak van ‘n takkie nie ver van hom af nie, of verbeel hy hom. Iets is hier naby, hy kan dit aanvoel. Jean probeer weer luister na die naggeluide om te probeer uitvind waar die “iets” is wat hy hoor of aanvoel. Hy staan staan stadig op en loop in die rigting van die groter oop stuk tussen die bome toe hy ‘n geritsel agter hom hoor. Hy steek vas en kyk om net om te sien hoe ‘n reuse stuk hout van bo sy kop in sy sig kom, hy probeer koes toe alles swart word voor hom.

Jean sak stadig tot op sy knieë en val vooroor …….

*************

Word vervolg …..

Ons lewe in Knysna

El het op haar Facebook profile ‘n foto blad oopgemaak met nie naam “Life in Knysna”. As ek so na die foto’s kyk dan was ons erg  woelig en was naweke ‘n onderviding wat gewissel het tussen rondry en uiteet. Paadjies en klein standjies waar ons altyd net verby gery het is aangedoen en sommer orals is ge-knibbel.

Ek gaan so dan en wan ‘n “dagboek” van ons nuwe lewe hier kom “bieg” maar wees gewaarsku ons kuier vir die dood!

Die Knysna Oesterfees

Die groot kuier het begin met die Oesterfees so week of wat nadat ons hier ingetrek het. Die begin van die Oesterfees was ook die eerste kuier van ons Baba Kroegman.

 

 

Die naweek was maar half boring en het die sonsambreel wat in die meer gewaai het die grootste opwinding. Ons het ‘n gewoel van ‘n ander aard verwag maar het gou agtergekom die Oesterfees het nie veel met Oesters uit te waai nie en was sport en ontspanning meer die hoof tema. Die eerste naweek was die fietsryers en roeiers aan die woord en was daar elke tipe fiets wedren waaraan jy kan dink in die dorp.

Die woude agter Knysna naby Simola Golf Landgoed is die oorsprong van feitlik alle sport. Die wedrenne eindig dan etlike kilometres later in die dorp. Ek en my gesin is nou nie die tipe van outjies wat erg is oor fietsry of hardloop nie so ons het maar net soos al die ander motoriste in verkeers knope gesit, want diegene wat weet hoe Knysna lyk sal verstaan as jy aan George se kant van die dorp bly moet jy die hoofpad gebruik om enige plek te kom. Die N2 om die meer is ook die hoofroete vir enige ry of hardloop item weens die uitsig …….

Dinsdag aand is die groot Wyn proe aand en het ons vir Baba Kroegman na sy heel eerste Wynproe toe geneem. Nie dat hy eintlik ‘n groot wyn drinker is nie maar goed weet hy die twee oues van dae verdrink in wyn. Wonder bo wonder het Baba Kroegman op ‘n wyn afgekom wat hy van hou en sy eerste bottel wyn gekoop. Om alleen uit te drink natuurlik in sy eie eerste woonstel in PE terwyl sy ouers in Knysna bly. Ja regtig!

 

 

 

Donderdag aand was sekerlik die grootste pret toe El onderneem het om haar heel eerste oester te prober. Ons begin op ‘n punt en soek na ‘n plek waar dit min of meer lyk daar lewe is en waar die Oesters bekostigbaar is. Tobaco was soos gewoonlik die grootste “sponsor” en het ook die “gesondheid inspekteurs” geborg.  So terloops ek het gehoor daars ‘n paar ton oesters in die week opge-eet, ons kon darem deelneem en het die dosyn wat ons ge-eet het gehelp met die rekord.

Ek dink die ou fototjies vertel die storie so ek hoef regtig nie nie meer oor die ondervinding te skryf nie. Die verdict : “Dis nogals lekker ek sal dit weer eet” Ons sal teen die pryse op die Oesterfess volgende jaar verseker ‘n paar dosyn deurwerk.

 

Die reën het Woensdag van die fees begin val en vir die eerste keer in die geskiedenis is die stap en hardloop wedlope gekanseleer. Baie ou vriende van ons kom elke jaar Knysna toe om aan die wedlope deel te neem. Gou is ons vertel ons kan eers Saterdag aand braai want hulle moet kyk na hulle alkohol iname en “diet” vir die wedlope.

Ons het toe maar die Saterdag middag vroeg begin kuier met die nuus so net na 5 die oggend dat die dag gekanseleer is. Ek en El was baie dankbaar want toe kon ons nog bietjie inlê en hoef ons nie dou voor dag opstaan en gaan kiekies neem van ons pelle nie.

Dankbaar was die inwoners van Knysna dat die “Valies & Kapenaars” huistoe gekeer het en ons met ons lewe in die dorpie kan voortgaan.

Ons eerste Oesterfees . … verdict: “Bietjie boring, ons moet volgende jaar meer kuier

Groetnis

Jean Bouvier – Dagloper Hoofstuk 8

Hoofstuk 8

Die restaurantjies by die Bordeaux Waterfront is soos gewoonlik druk besig. Aimée stap tot teen die reelings wat die wandelpaadjie van die rivier skei en kyk oor die rivier uit. Die rustige vloei van die rivier en die opgewonde gesels van toeriste, wat in vreemde tale die waterfront bespreek, laat haar sag glimlag. Die rivier, die waterfront en die eindelose restaurantjies kan deur inwoners so maklik as vanselfsprekend aanvaar word maar vir haar was dit nog altyd idilies.  Toeriste drink die atmosfeer in en dit maak die waterfront lewendig en vrolik. Die mengelmoes van kleure en geure begroet haar as sy naderstap na die restaurant Fernand waar tante Gabriël haar gaan ontmoet. Sy is aspris baie vroeg sodat sy so bietjie alleen kan wees. Sy het nodig om haar gemoed te kalmeer, sy weet nie hoekom nie maar ‘n snaakse gevoel het haar vroeg aand oorweldig toe sy regmaak vir die ete afspraak met tante Gabriël.

“Juffrou  Bertrand” antwoord sy die bestuurder toe dié haar vra of sy ‘n bespreking het

“Ah, u tante het bespreek, ek het vir julle ‘n tafel reggemaak.” antwoord die bestuurder en lei Aimée na ‘n tafeltjie aan die kant van die restaurant. Die tafel is effe eenkant en word geskei deur lieflike potplante. ‘n Pragtige uitsig oor die rivier en die mense wat op die plein wandel maak die tafeltjie eintlik meer romanties as privaat.

Aimée bestel vir haar ‘n glas wyn en steek ‘n sigaret aan. Sy moet ontspan, sy moet haar eie emosies in toom hou, al gaan die aand moontlik iets oplewer wat haar kan ontstel.

Aimée staar uit oor die plein en skrik half toe tante Gabriël aan haar skouer vat. “Aarde na Aimée” lag tante Gabriël.

“Ek het maar net die uitsig bewonder tante, wyn?” vra Aimée terwyl tante Gabriël gaan sit

*******

Jean vat ‘n slukkie van sy koffie en dink terug aan die dag se gebeure. Die son wil, wil agter die horison verdwyn, wat die laat middag op die plaas rustig maar onheilspellend maak. Onheilspellend vir Jean want hy wil graag die berg op, hy wil alleen die berg op, as hy net van Ansie ontslae kan raak. Hy sal aan ‘n plan moet dink hoe om haar te oortuig dat hy alleen wil gaan.

Hy kan natuurklik ongeskik wees en net verdwyn, hy kan nou ry, hy kan nie sy deur oopmaak as Ansie klop nie. Jean besluit die “hy moet nou ry” is die beste opsie. Hy sluk sy laaste slukkie koffie af terwyl hy naarstigtelik aantrek en vinnig na sy bakkie stap om te ry.

“Waar gaan jy so haastig Jean?” kom dit van Ansie toe hy die bakkie se deur oopmaak

Dink op jou voete Jean …… “Ek moet huistoe Ans, my ma het gebel my Pa is nie lekker nie” antwoord Jean haastig en maak die deur van die bakkie oop.

“Wag vir my ek gaan saam, ek kry net gou ‘n warm ding” roep Ansie oor haar skouer toe sy drafstap huistoe.

Jean staan versteen en kyk hoe Ansie die huis in draf om ‘n trui te kry. “Damit, damit, damit!” Sê hy hardop vir homself.

Jean weet wat hy nou gaan doen kan veroorsaak dat hy dalk die voskop se verkeerde kant gaan ervaar, maar hy moet net alleen die berg uit. Hy klim in die bakkie en ry  in die rigting van die berg sonder Ansie.

***

Jean stop net buite die klein dorpie waar Andries en die ander werkers woon. Hy parkeer die bakkie buite sig van die motors in die pad en stap stadig in die rigting van klein Anna se huis. Hy weet nie wat hom weer na klein Anna se huis trek nie maar hy weet hy gaan daar antwoorde kry.

Die huisies van die werkers is afge-ets teen die hang van die berg. Dit is die aand na volmaan met ‘n lagie mis wat swaar op die grond hang. “Dit lyk soos in die movies” dink Jean amper hardop. By klein Anna se huis aangekom stap Jean na Santie se kamer venster en gaan sit met sy rug teen die muur en kyk op na die berg wat sowat 200 meter verder die hemel inskiet. In die huisie agter Jean gesels klein Anna en haar familie vrolik en is Santie se ondervinding van die oggend onder bespreking.

Dis vroegaand en Jean maak sy oë toe en lê met sy kop terug teen die muur. Hy sal moet wag tot na middernag en sal moet prober slaap, al is dit half ongemaklik. Die reuk van die Wolf en Santie se bloed is nog vars in die omgewing.

***

“Smit, ek gaan jou vermoor!” skree Ansie toe sy terug draf na Jean se woonstel en sien sy bakkie is weg. “Die klein dinges is seer sekerlik alleen die berg op, sy siek Pa se alie, dit was net ‘n storie” mompel sy onderlangs terwyl sy huistoe stap om haar kar se sleutels te kry. Sy gaan hom soek kom wat wil.

“PAAA!,” roep Ansie die gang af

“Ja Ansie wat klink jy so ongeduldig” antwoord oom Hendrik

“Ek wil by Wilma gaan kuier, mag ek die bakkie leen asseblief” vra Ansie toe haar Pa sy kop by die kombuis insteek

“Ja vat die grote, hy is veiliger in die nag” antwoord oom Hendrik

Ansie klim in die bakkie en vat pad in die rigting van die berg.

***

Jean skrik wakker waar hy in die donker onder die venster van klein Anna se huis sit. Hy loer vinnig na sy horlosie en sien dit is net na elf. Hy staan stadig op en voel hoe hy sy lyf en rug “verslaap” het teen die muur. ‘n Rilling trek teen sy ruggraat af as ‘n koel windjie vanuit die berg op sy gesig waai. Hy stap na ‘n groterige struik aan die rand van klein Anna se erf en kyk in die straat af. Daars niemand op straat nie, hy hoor verder weg, aan die kant van die woonbuurt, hoe die werkers in die kroeg lag en gesels. Nou en dan lag iemand hard, ‘n Radio blêr Country en Western musiek nader aan klein Anna se huis.

Jean verstar, verbeel hy hom of het hy uit die hoek van sy oog iets in die donker sien beweeg. Hy stap gebukkend om die struik en kyk in die wandelpaaidjie af, in die rigting van die berg. Daars dit weer, hy verbeel hom nie. Dis wind af so as dit die Wolf is, sal die hom ruik en nie anders om nie. Die “iets” wat beweeg is lomp en bly in die rigting van klein Anna se huis kyk, die “iets” prober in die skuwees van die struike en bome bly. Dis nie die Wolf nie.

“Wat maak jy hier Ansie?” vra Jean verergd.

Ansie wip soos sy skrik toe Jean aan haar arm vat. “Hoe de duiwel kom jy so stil agter my, ek het jou nie gehoor nie, jy was nou net daar agter die struik?” vra Ansie

“Antwoord my vraag, wat maak jy hier?”

“Ek kan dieselfde vra Jean, jy lieg vir my oor jou Pa en waar kry ek jou, onder Santie se venster vas aan die slaap” antwoord Ansie vererg.

“Dit was nie nodig om hierna toe te kom nie Ans, dis gevaarlik, jy weet nie wat kan gebeur nie.” Antwoord Jean sag en Ansie kan in sy oë sien hy is opreg bekommerd oor haar.

“Eks ‘n groot dogtertjie Jean, ek kan my man staan. Ek wil saam met jou gaan as jy die Wolf soek, ek wil weet wat dit is.”

“My magtig Ansie weet jy wat ‘n Weerwolf is, hy vang mense man”

“En jy, hoekom is jy nie bang nie?” vra Ansie en staan ‘n tree nader aan Jean

“Jy verstaan nie, ek prober net help. Eks ‘n man en jy ‘n vrou” antwoord Jean en trek Ansie aan die arm in die rigting van sy bakkie.

“Jean ek gaan nêrens ek bly net ….”

“Ansie, magtig man hou om so hardegat te wees. Dinge kan gevaarlik raak, kom jy gaan huistoe waar is jou kar? snou Jean Ansie toe. Sy sien ‘n vreemde wilde kyk in sy oë en besef sy moet verkieslik nie nou nog verder met hom sukkel nie.

“Eina Jean, jy maak my seer, ek sal gaan man, moenie jou gat so wip nie” sê Ansie en ruk haar uit Jean se greep om haar arm los en stap na haar bakkie toe.

“Ek wip my nie Ansie, maar dis nie die plek vir ‘n vrou nie” sê Jean half verleë

“Die Wolf het my broer dood gemaak Jean of is jy te commin om dit te besef, ek wil net weet wie en wat dit is. ‘n Nagwolf is ‘n mens dit weet jy tog”

Jean sien die trane sit vlak in Ansie se oë. Al kry hy haar jammer, dit is net te gevaarlik om haar saam die berg op te neem. Sy moet huistoe. Hy maak die bakkie se deur vir haar oop en hou haar vir ‘n oomblik vas voordat hy ‘n soentjie op haar voorkop los.

“Ek’s lief vir jou Ans, moenie dit nog moeiliker maak nie, gaan huistoe asseblief”  sê Jean vinnig voor hy omdraai en in die maan verligte bosse instap. Ansie sit ‘n oomblik verstar in die bakkie, het sy reg gehoor, het Jean gesê hy is lief vir haar?

*************

Word vervolg ……

Dis al twee en ‘n halwe maand!

Ek voel amper soos die ou wat in die kerk in stap en sê:” Forgive me Father for I have sinned, it’s been two months since my last confession”

Ons is nou sak en pak in Knysna en kan onsself al amper as “inwoners” ag. Daar het so baie die afgelope twee en ‘n halwe maand gebeur dat ek seer sekerlik nie als in een blog sal kan vertel nie. Daar was baie soet, hier en daar ‘n suur maar veral ‘n groot hartseer wat die familie Vuil getref het.

El se broer Louis is in die week wat ons besig was om te trek oorlede. (Lees hieren hier) Ek sou graag my “confession” blog aan hom wou wy maar het besluit om my “outlaw” moeder te raadpleeg, wat oor so twee dae hier kom kuier, en ‘n “Ter Nagedagtenis” blog net aan hom te wy. Hy is, was en sal altyd my swaerie bly, Louis met die groot hart en die vriendelike glimlag.

***

El het toe soos gesê haar 50ste verjaardag hier kom vier. Die ete, die drankies saam met nuwe werk kollegas, was net wat die dokter bestel het en het sy die Saterdag oggend gevoel soos iemand wat 50 plus 1 dag oud is.

Die trek middel  Junie was natuurlik nie sonder voorval nie en het dit met die tweede “pak” dag gereën en ook met die “afpak” dag hier in Knysna. Die kompleks waar ons intrek laat nie swaer voertuie toe nie en moes ons ‘n “shuttle” gebruik om die meubels van buite die kompleks tot by die huis te vervoer. Als sonder ernstige toeval behalwe … die Pianola. Die pragstuk weeg maklik ‘n ton en dateer uit die laat 18de eeu. Vir die wat nie weet wat ‘n Pianola is nie het heelwaarskynlik nog nooit Cowboy flieks gekyk nie. Dis die klaviere wat via ‘n papier rol self kan speel. Die klavier is in ‘n staal raam geset om die swaer “kontrapsie” te kan huisves.

Die werkers was 8 en dit het al 8 gevat om in ‘n misreen die outjie te dra en te maak staan en glo my vry daar waar hy staan daar staan hy. El moes lank voor die ouheid die huis binne kom besluit waar hy vir die volgende jaar gaan staan want skuif na ‘n ander rusplek bestaan net nie. Die meneer staan en die manne gesels in vreemde tale maar lag lekker toe sy sê hy moet dalk in ‘n ander vertrek geskuif word en kies die hasepad.

Dankie tog vir plaas Nig en Neef wat die naweek kom help het met die rondskuif want soos ek vir my baba kroegman sê toe hy so twee naweke terug kom kyk waar sy ouers nou plak, ek het verseker die grootste trek partner gehad en het plaas Nig en Neef die spiere gebring om ons goedjies reg te skuif. Gewoonlik was een of twee van die 3 manne darem hier om te help dra en skuif maar hierdie keer moes die twee oues van dae dit alleen doen.

Ons was net mooi uitgepak en reggeskuif toe breek die Knyna Oesterfees aan. Dit is ‘n storie op sy eie.

Groetnis

B

Die nuwe begin …..

Als het so vinnig gebeur dat ek so half en half voeling met die lewe om my verloor het. My eerste (halwe) week in Knysna is verby, ek het die naweek pendel ding gedoen en staar ek die eerste vol week in my nuwe joppie in.

Die foto is geneem oor die Knysna meer vanaf my woonstel balkon. Ek gaan hier plak tot El middel Junie by my aansluit.

Ek is maar ‘n sentimentele outjie en gaan nie die omgewing verken en foto’s neem en, en, en nie. El pendel so oor twee naweke hiernatoe en dan kan ons nuwe blyplek saam verken. Ek dink dit sal erg boring vir haar wees as ek vir haar moet sê; “kom ek gaan wys jou dit, en dat”

Ek kan nie wag vir die verkenning komando se fotos en ondervinding nie!

B