El het op haar Facebook profile ‘n foto blad oopgemaak met nie naam “Life in Knysna”. As ek so na die foto’s kyk dan was ons erg  woelig en was naweke ‘n onderviding wat gewissel het tussen rondry en uiteet. Paadjies en klein standjies waar ons altyd net verby gery het is aangedoen en sommer orals is ge-knibbel.

Ek gaan so dan en wan ‘n “dagboek” van ons nuwe lewe hier kom “bieg” maar wees gewaarsku ons kuier vir die dood!

Die Knysna Oesterfees

Die groot kuier het begin met die Oesterfees so week of wat nadat ons hier ingetrek het. Die begin van die Oesterfees was ook die eerste kuier van ons Baba Kroegman.

 

 

Die naweek was maar half boring en het die sonsambreel wat in die meer gewaai het die grootste opwinding. Ons het ‘n gewoel van ‘n ander aard verwag maar het gou agtergekom die Oesterfees het nie veel met Oesters uit te waai nie en was sport en ontspanning meer die hoof tema. Die eerste naweek was die fietsryers en roeiers aan die woord en was daar elke tipe fiets wedren waaraan jy kan dink in die dorp.

Die woude agter Knysna naby Simola Golf Landgoed is die oorsprong van feitlik alle sport. Die wedrenne eindig dan etlike kilometres later in die dorp. Ek en my gesin is nou nie die tipe van outjies wat erg is oor fietsry of hardloop nie so ons het maar net soos al die ander motoriste in verkeers knope gesit, want diegene wat weet hoe Knysna lyk sal verstaan as jy aan George se kant van die dorp bly moet jy die hoofpad gebruik om enige plek te kom. Die N2 om die meer is ook die hoofroete vir enige ry of hardloop item weens die uitsig …….

Dinsdag aand is die groot Wyn proe aand en het ons vir Baba Kroegman na sy heel eerste Wynproe toe geneem. Nie dat hy eintlik ‘n groot wyn drinker is nie maar goed weet hy die twee oues van dae verdrink in wyn. Wonder bo wonder het Baba Kroegman op ‘n wyn afgekom wat hy van hou en sy eerste bottel wyn gekoop. Om alleen uit te drink natuurlik in sy eie eerste woonstel in PE terwyl sy ouers in Knysna bly. Ja regtig!

 

 

 

Donderdag aand was sekerlik die grootste pret toe El onderneem het om haar heel eerste oester te prober. Ons begin op ‘n punt en soek na ‘n plek waar dit min of meer lyk daar lewe is en waar die Oesters bekostigbaar is. Tobaco was soos gewoonlik die grootste “sponsor” en het ook die “gesondheid inspekteurs” geborg.  So terloops ek het gehoor daars ‘n paar ton oesters in die week opge-eet, ons kon darem deelneem en het die dosyn wat ons ge-eet het gehelp met die rekord.

Ek dink die ou fototjies vertel die storie so ek hoef regtig nie nie meer oor die ondervinding te skryf nie. Die verdict : “Dis nogals lekker ek sal dit weer eet” Ons sal teen die pryse op die Oesterfess volgende jaar verseker ‘n paar dosyn deurwerk.

 

Die reën het Woensdag van die fees begin val en vir die eerste keer in die geskiedenis is die stap en hardloop wedlope gekanseleer. Baie ou vriende van ons kom elke jaar Knysna toe om aan die wedlope deel te neem. Gou is ons vertel ons kan eers Saterdag aand braai want hulle moet kyk na hulle alkohol iname en “diet” vir die wedlope.

Ons het toe maar die Saterdag middag vroeg begin kuier met die nuus so net na 5 die oggend dat die dag gekanseleer is. Ek en El was baie dankbaar want toe kon ons nog bietjie inlê en hoef ons nie dou voor dag opstaan en gaan kiekies neem van ons pelle nie.

Dankbaar was die inwoners van Knysna dat die “Valies & Kapenaars” huistoe gekeer het en ons met ons lewe in die dorpie kan voortgaan.

Ons eerste Oesterfees . … verdict: “Bietjie boring, ons moet volgende jaar meer kuier

Groetnis